Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Kronieke 3
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Kronieke

      • Salomo begin tempel bou (1-7)

      • Die Allerheiligste (8-14)

      • Die twee koperpilare (15-17)

2 Kronieke 3:1

Kruisverwysings

  • +1Kn 6:1, 37
  • +Ge 22:2, 14
  • +2Sa 24:25; 1Kr 21:18
  • +2Sa 24:18; 1Kr 21:22

2 Kronieke 3:3

Voetnote

  • *

    ’n El was gelyk aan 44,5 cm, maar party dink dat die “ou el” na die lang el verwys, wat gelyk was aan 51,8 cm. Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +1Kn 6:2

2 Kronieke 3:4

Voetnote

  • *

    Party eertydse manuskripte sê “120”, terwyl ander manuskripte en party vertalings “20 el” sê.

Kruisverwysings

  • +1Kn 6:3

2 Kronieke 3:5

Kruisverwysings

  • +1Kn 6:15, 22
  • +1Kn 6:29
  • +1Kn 6:21

2 Kronieke 3:6

Kruisverwysings

  • +1Kr 29:2, 8
  • +1Kr 29:3, 4

2 Kronieke 3:7

Kruisverwysings

  • +Eks 26:29
  • +Eks 26:1; 1Kn 6:29

2 Kronieke 3:8

Voetnote

  • *

    Lett. “huis”.

  • *

    ’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +Eks 26:33; 1Kn 8:6; Heb 9:24
  • +1Kn 6:20

2 Kronieke 3:9

Voetnote

  • *

    ’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.

2 Kronieke 3:10

Voetnote

  • *

    Lett. “huis”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 6:23-28

2 Kronieke 3:11

Kruisverwysings

  • +1Kn 8:6; 1Kr 28:18

2 Kronieke 3:13

Voetnote

  • *

    D.w.s. in die rigting van die Heilige.

2 Kronieke 3:14

Voetnote

  • *

    Of “voorhangsel”.

Kruisverwysings

  • +Mt 27:51; Heb 10:19, 20
  • +Eks 26:31, 33

2 Kronieke 3:15

Kruisverwysings

  • +2Kn 25:13
  • +1Kn 7:15-22; 2Kn 25:17; 2Kr 4:11-13; Jer 52:22, 23

2 Kronieke 3:16

Voetnote

  • *

    Of “kettings soos ’n halssnoer”.

2 Kronieke 3:17

Voetnote

  • *

    Of “suidekant”.

  • *

    Of “noordekant”.

  • *

    Beteken “mag hy [d.w.s. Jehovah] stewig vestig”.

  • *

    Beteken moontlik “in krag”.

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Kron. 3:11Kn 6:1, 37
2 Kron. 3:1Ge 22:2, 14
2 Kron. 3:12Sa 24:25; 1Kr 21:18
2 Kron. 3:12Sa 24:18; 1Kr 21:22
2 Kron. 3:31Kn 6:2
2 Kron. 3:41Kn 6:3
2 Kron. 3:51Kn 6:15, 22
2 Kron. 3:51Kn 6:29
2 Kron. 3:51Kn 6:21
2 Kron. 3:61Kr 29:2, 8
2 Kron. 3:61Kr 29:3, 4
2 Kron. 3:7Eks 26:29
2 Kron. 3:7Eks 26:1; 1Kn 6:29
2 Kron. 3:8Eks 26:33; 1Kn 8:6; Heb 9:24
2 Kron. 3:81Kn 6:20
2 Kron. 3:101Kn 6:23-28
2 Kron. 3:111Kn 8:6; 1Kr 28:18
2 Kron. 3:14Mt 27:51; Heb 10:19, 20
2 Kron. 3:14Eks 26:31, 33
2 Kron. 3:152Kn 25:13
2 Kron. 3:151Kn 7:15-22; 2Kn 25:17; 2Kr 4:11-13; Jer 52:22, 23
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Kronieke 3:1-17

Die tweede boek van Kronieke

3 Salomo het toe die huis van Jehovah begin bou+ in Jerusalem op die berg Moriʹa,+ waar Jehovah aan sy pa, Dawid, verskyn het.+ Dit was die plek wat Dawid gereedgemaak het op die dorsvloer van Ornan,+ die Jebusiet. 2 Hy het met die bouwerk begin op die tweede dag van die tweede maand, in die vierde jaar nadat hy koning geword het. 3 Die fondament wat Salomo vir die huis van die ware God gelê het, was 60 el lank en 20 el breed.+ Hierdie afmetings was volgens die ou el.* 4 Die voorportaal was 20 el breed (net so breed soos die huis), en die hoogte daarvan was 20 el.* Hy het die binnekant daarvan met suiwer goud oorgetrek.+ 5 En hy het die binnekant van die huis met panele van jenewerhout bedek, en daarna het hy dit met suiwer goud oorgetrek.+ Toe het hy dit met afbeeldings van palmbome+ en kettings versier.+ 6 Hy het dit ook met pragtige edelstene+ versier, en die goud+ wat hy gebruik het, was van Parwajim. 7 Hy het die binnekant van die huis, die dakbalke, die drumpels, die mure en die deure met goud oorgetrek.+ En hy het gerubs op die mure gegraveer.+

8 Hy het toe die Allerheiligste vertrek*+ gemaak. Dit was 20 el lank en 20 el breed. Die lengte daarvan was dieselfde as die breedte van die huis. En hy het dit met 600 talente* suiwer goud oorgetrek.+ 9 Hy het 50 sikkels* goud gebruik vir die spykers, en hy het die dakvertrekke met goud oorgetrek.

10 Toe het hy beelde van twee gerubs in die Allerheiligste vertrek* gemaak, en hy het hulle met goud oorgetrek.+ 11 Die lengte van die gerubs se vlerke+ was altesaam 20 el. Die een vlerk van die eerste gerub was vyf el lank en het aan die muur van die vertrek geraak, en sy ander vlerk was vyf el lank en het aan die een vlerk van die ander gerub geraak. 12 En die een vlerk van die ander gerub was vyf el lank en het aan die ander muur van die vertrek geraak. En sy ander vlerk was vyf el lank en het aan die een vlerk van die eerste gerub geraak. 13 Die vlerke van hierdie gerubs was uitgesprei en was altesaam 20 el lank. En hulle het op hulle voete gestaan met hulle gesigte na die voorste vertrek toe.*

14 Hy het ook die gordyn*+ van blou garing, pers wol, donkerrooi garing en goeie materiaal gemaak. En hy het dit met afbeeldings van gerubs versier.+

15 Toe het hy twee pilare+ aan die voorkant van die huis gemaak. Elkeen was 35 el hoog, en die kopstuk bo-op elke pilaar was vyf el hoog.+ 16 Hy het kettings* gemaak en dit bo-op die pilare gesit, en hy het 100 granate gemaak en dit aan die kettings gehang. 17 Hy het die pilare aan die voorkant van die tempel opgerig, een aan die regterkant* en een aan die linkerkant.* Hy het die een aan die regterkant Jagin* genoem, en die een aan die linkerkant Boas.*

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel