Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Sy het haar hart in gebed voor God uitgestort
    Die Wagtoring — 2010 | Julie 1
    • HANNA het doenig gebly met voorbereidings vir die reis in ’n poging om haar gedagtes besig te hou. Dit was veronderstel om ’n gelukkige tyd te wees; Elkana, haar man, het gewoonlik die hele gesin op hierdie jaarlikse reise geneem om by die tabernakel in Silo te gaan aanbid. Jehovah wou hê dat hierdie geleenthede vreugdevol moet wees (Deuteronomium 16:15). En Hanna het dit ongetwyfeld van kindsbeen af baie geniet om hierdie feeste by te woon. Maar in onlangse jare het dinge vir haar verander.

  • Sy het haar hart in gebed voor God uitgestort
    Die Wagtoring — 2010 | Julie 1
    • Die huisgesin was al in die vroeë oggendure bedrywig. Almal het gereedgemaak vir die reis, selfs die kinders. Die reis na Silo sou behels dat hierdie groot gesin meer as 30 kilometer oor die heuwels van Efraim moes aflê.c Te voet sou die reis ’n dag of twee duur. Hanna het geweet hoe haar mededingster sou optree. Maar Hanna het nie by die huis gebly nie. Sy stel sodoende tot vandag toe ’n pragtige voorbeeld vir aanbidders van God. Dit is nooit verstandig om toe te laat dat ander se swak gedrag met ons aanbidding van God inmeng nie. As ons dit doen, sal ons juis dié seëninge misloop wat ons versterk om te volhard.

  • Sy het haar hart in gebed voor God uitgestort
    Die Wagtoring — 2010 | Julie 1
    • c Die afstand is gegrond op die waarskynlikheid dat Elkana se tuisdorp, Rama, dieselfde plek is wat in Jesus se dag as Arimatea bekend gestaan het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel