-
Werkers in die wingerdDie Wagtoring – 1989 | Augustus 15
-
-
Die huisheer, of eienaar van die wingerd, is Jehovah God, en die wingerd is die nasie Israel. Die werkers in die wingerd is mense wat in die Wetsverbond ingebring is; hulle is spesifiek daardie Jode wat in die dae van die apostels lewe. Dit is net met die werkers wat ’n volle dag werk wat die loonooreenkoms aangegaan is. Die loon is ’n penning vir ’n dag se werk. Aangesien “die derde uur” 9:00 vm. is, werk diegene wat op die 3de, 6de, 9de en 11de uur geroep is net 9, 6, 3 en 1 uur onderskeidelik.
Die werkers wat 12 uur, of ’n volle dag, werk, beeld die Joodse leiers af wat deurentyd gewyde diens gelewer het. Hulle is anders as Jesus se dissipels, wat die grootste deel van hulle lewe in die vissersbedryf of ander sekulêre beroepe was. Dit was eers in die noordelike herfs van 29 G.J. dat die “huisheer” Jesus Christus gestuur het om hierdie mense te versamel om sy dissipels te wees. Hulle het dus “die laastes”, of die wingerdwerkers van die elfde uur, geword.
-
-
Werkers in die wingerdDie Wagtoring – 1989 | Augustus 15
-
-
Die ontvangs van die penning het nie by Jesus se dood nie, maar by Pinkster 33 G.J. plaasgevind toe Christus, die “opsigter”, heilige gees oor sy dissipels uitgestort het. Die dissipels van Jesus was soos “die laastes”, of die werkers wat die elfde uur begin het. Die penning het nie die gawe van die heilige gees self afgebeeld nie. Die penning was iets wat die dissipels hier op aarde kon gebruik. Dit was iets waarvan hulle bestaan, hulle ewige lewe, afgehang het. Dit was die voorreg om ’n geestelike Israeliet te wees wat gesalf is om God se Koninkryk te verkondig.
-
-
Werkers in die wingerdDie Wagtoring – 1989 | Augustus 15
-
-
Is daardie eerste-eeuse vervulling die enigste vervulling van Jesus se illustrasie? Nee, die geestelikes van die Christendom in hierdie 20ste eeu was, op grond van hulle ampte en verantwoordelikhede, die “eerstes” wat vir werk in God se simboliese wingerd gehuur is. Hulle het toegewyde predikers wat aan die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap verbonde was, as “die laastes” beskou wat ’n geldige toewysing in God se diens kan hê. Maar dit is trouens juis hierdie persone wat deur die geestelikes verag is wat die penning ontvang het—die voorreg om as gesalfde ambassadeurs van God se hemelse Koninkryk te dien. Mattheüs 19:30–20:16.
-