Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1990 | Maart 15
    • Vrae van lesers

      ◼ Moet ons uit Mattheüs 7:13, 14 en Lukas 13:24 aflei dat die meeste mense, selfs in die opstanding, ware aanbidding sal verwerp?

      Nee, hierdie verse steun nie daardie gevolgtrekking nie. Dit hou eerder verband met die verkryging van lewe in die hemelse Koninkryk.

      Jesus se woorde in Mattheüs 7:13, 14 maak deel uit van die Bergpredikasie. Hy het gesê: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.”

      Heelwat van die dinge wat Jesus by daardie geleentheid gesê het, hou spesifiek met die hemelse Koninkryk verband. Hy het byvoorbeeld met die woorde begin: “Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” Hy het gesê dat die reines van hart ‘God sal sien’ en dat “die koninkryk van die hemele” aan diegene behoort wat “vervolg word ter wille van die geregtigheid” (Mattheüs 5:3, 8, 10). Later in daardie selfde toespraak, het Jesus gepraat van die wye pad wat na die verderf lei en die smal pad wat na die lewe lei. Hy het onder andere bygevoeg: “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”—Mattheüs 7:13, 14, 21.

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1990 | Maart 15
    • Ons kan gevolglik uit die konteks van albei gevalle sien dat Jesus se woorde (oor die feit dat daar min is op die smal pad wat na die lewe lei en wat gered word) hoofsaaklik betrekking gehad het op die verkryging van God se goedkeuring in daardie tyd toe Hy die hoop op hemelse lewe uitgehou het. Betreklik min wat die waarheidsboodskap gehoor het en geleer het wat vereis word, het daarop ag gegee en getrou gebly.—Mattheüs 22:14; 24:13; Johannes 6:60-66.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel