Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lff les 48 punte 1-5
  • Kies jou vriende wyslik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kies jou vriende wyslik
  • Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SOEK DIEPER
  • WAT ONS GELEER HET
  • LEER MEER
  • Hoe kan ons goeie vriende kies?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Jy kan Jehovah se vriend wees
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Kies vriende wat vir God lief is
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Behou vriendskappe in ’n liefdelose wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
lff les 48 punte 1-5
Les 48. Vier vriende wat ’n selfie saam neem.

LES 48

Kies jou vriende wyslik

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

Goeie vriende dra by tot ons geluk gedurende goeie tye, en hulle versterk ons gedurende moeilike tye. Maar die Bybel waarsku ons dat nie almal ’n goeie vriend is nie. So hoe kan jy goeie vriende kies? Kyk na die volgende vrae.

1. Hoe sal die vriende wat jy kies, jou affekteer?

Ons word gewoonlik soos die mense met wie ons tyd spandeer. Dit kan ’n goeie of ’n slegte ding wees – en dit is waar of ons nou tyd saam met hulle in persoon of op die Internet spandeer. Soos die Bybel sê: “Die een wat met wyse persone assosieer, sal wys word, maar dit sal sleg gaan met die een wat met dwase [dit wil sê mense wat nie lief is vir Jehovah nie] te doen het” (Spreuke 13:20). Vriende wat lief is vir Jehovah en hom aanbid, kan jou help om na aan hom te bly en om goeie besluite te maak. Maar goeie vriende wat nie lief is vir Jehovah nie, kan veroorsaak dat ons van hom af wegdryf. Daarom moedig die Bybel ons aan om ons vriende wyslik te kies! Wanneer ons vriende lief is vir God, sal hulle ’n goeie invloed op ons hê en sal ons ’n goeie invloed op hulle hê. Ons kan “mekaar [aanmoedig] en mekaar [opbou]”. – 1 Tessalonisense 5:11.

2. Hoe sal die vriende wat jy kies, Jehovah affekteer?

Jehovah kies sy vriende versigtig. “Hy is ’n goeie vriend van dié wat reg lewe” (Spreuke 3:32). Hoe sal Jehovah voel as ons vriende kies wat nie lief is vir hom nie? Hy sal baie teleurgesteld wees! (Lees Jakobus 4:4.) Maar Jehovah sal bly wees en sal ons as sy vriende kies as ons wegbly van slegte vriende en nader kom aan hom en aan dié wat lief is vir hom. – Psalm 15:1-4.

SOEK DIEPER

Leer hoekom dit so belangrik is om die regte vriende te kies, en kyk hoe jy vriendskappe kan opbou wat regtig goed sal wees vir jou.

3. Wees versigtig dat jy nie die verkeerde vriende kies nie

Mense wat nie lief is vir God en sy standaarde nie, is nie goeie vriende nie. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

VIDEO: Leer hoe om slegte assosiasie te verwerp (6:17)

  • Hoe kan ons met die verkeerde mense vriende begin maak sonder om dit te besef?

Lees 1 Korintiërs 15:33, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Watter soort persoon kan vir jou slegte assosiasie wees? Hoekom?

Lees Psalm 119:63, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Waarna moet jy in ’n vriend soek?

’n Bak appels. ’n Vrot appel lok vlieë en maak die ander appels vrot.

Een vrot appel kan die res vrot maak. Hoe kan een slegte vriend jou affekteer?

4. Mense wat anders as ons is, kan ons goeie vriende word

Die Bybel praat van Dawid en Jonatan, twee mans in eertydse Israel. Jonatan was baie ouer as Dawid en was die koning se seun, maar tog het hulle ’n wonderlike vriendskap gehad. Lees 1 Samuel 18:1, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoekom hoef ons vriende nie altyd dieselfde ouderdom as ons te wees of dieselfde sosiale status as ons te hê nie?

Lees Romeine 1:11, 12, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan vriende wat lief is vir Jehovah, mekaar aanmoedig?

Kyk in hierdie video hoe een jong broer vriende gemaak het waar hy dit nie verwag het nie. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

VIDEO: Maak vriende waar jy dit nie verwag nie (5:06)

  • Hoekom was Akil se ouers bekommerd oor sy vriendskappe by die skool?

  • Hoekom het hy in die eerste plek van daardie vriende gehou?

  • Wat het hom gehelp om nie meer so eensaam te voel nie?

5. Hoe om goeie vriende te maak

Leer hoe om goeie vriende te maak en hoe om self ’n goeie vriend te wees. Speel die VIDEO.

VIDEO: Wat is ’n ware vriend? (4:14)

’n Toneel uit die video ‘Wat is ’n ware vriend?’ ’n Tiener saam met al haar vriende wat verskillende talente het en wat van verskillende ouderdomme en rasse is.

Lees Spreuke 18:24 en 27:17, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe help regte vriende mekaar?

  • Het jy sulke goeie vriende? As jy nie het nie, hoe kan jy goeie vriende maak?

Lees Filippense 2:4, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Om goeie vriende te hê, moet jy ’n goeie vriend wees. Hoe kan jy dit doen?

Collage: ’n Jong vrou kuier saam met drie van haar goeie vriende. 1. Sy praat met een van hulle op die telefoon. 2. Sy praat met die ouer een by die Koninkryksaal. 3. Sy besoek een van hulle wat hartseer is.

Om goeie vriende te hê, moet jy ’n goeie vriend wees

PARTY MENSE SÊ: “Enige vriende is beter as geen vriende nie.”

  • Wat sal jy sê?

WAT ONS GELEER HET

Wanneer ons ons vriende wyslik kies, maak ons Jehovah gelukkig en het dit ’n goeie uitwerking op ons.

Hersiening

  • Hoekom maak dit vir Jehovah saak watter soort vriende ons kies?

  • Watter soort mense moet ons nie as vriende kies nie?

  • Hoe kan jy sterk vriendskappe opbou met die regte soort mense?

Doelwit

LEER MEER

Kyk hoe die regte soort vriende ons in moeilike tye kan help.

“Bou sterk vriendskappe op voordat die einde kom” (Die Wagtoring, November 2019)

Dink aan wat jy kan doen om goeie vriende te maak.

“Hoe kan ek goeie vriende maak?” (Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1, hoofstuk 8)

Wat moet jy weet oor aanlyn vriendskappe?

Werk slim met sosiale netwerke (4:12

In die lewensverhaal “Ek wou bitter graag ’n vader hê”, kyk hoekom een man ander soort vriende gekies het.

“Die Bybel verander lewens” (Die Wagtoring, 1 April 2012)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel