19 En die rein persoon moet daarmee op die derde dag en op die sewende dag op die onreine spat en moet hom op die sewende dag van sonde reinig;+ en hy moet sy klere was en in water bad, en hy sal in die aand rein wees.
20 “‘Maar die mens wat onrein is en wat hom nie reinig nie, wel, dié siel moet uitgeroei word+ onder die gemeente uit, want hy het Jehovah se heiligdom verontreinig. Die reinigingswater is nie op hom gesprinkel nie. Hy is onrein.