28 JULIE–3 AUGUSTUS
SPREUKE 24
Lied 38 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Maak jouself sterk vir moeilike tye
(10 min.)
Verkry kennis en wysheid (Spr 24:5; w23.07 18 ¶15)
Behou jou geestelike roetine, selfs al is jy mismoedig (Spr 24:10; w09 12/15 18 ¶12-13)
Om geestelik sterk te wees help ons om te herstel na moeilike tye (Spr 24:16; w20.12 15)
2. Geestelike skatte
(10 min.)
Spr 24:27 – Wat leer ons uit hierdie spreekwoord? (w09 10/15 12)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Spr 24:1-20 (th studie 11)
4. Begin ’n gesprek
(2 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Die gesprek eindig voordat jy vir die persoon kon preek (lmd les 2: Punt 4).
5. Begin ’n gesprek
(3 min.) HUIS TOT HUIS. (lmd les 3: Punt 4)
6. Begin ’n gesprek
(3 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. Vertel vir die persoon van ons Bybelstudieprogram, en gee vir die persoon ’n Bybellesse-kontakkaartjie (lmd les 4: Punt 3).
7. Toespraak
(3 min.) lmd Aanhangsel A: Punt 11 – Tema: God kommunikeer met ons (th studie 6).
Lied 99
8. Help mekaar gedurende moeilike tye
(15 min.) Bespreking.
Dinge soos siektes, ’n ramp, burgerlike onrus, oorlog of vervolging kan skielik gebeur. Wanneer sulke dinge gebeur, sal ons broers en susters wat daardeur geraak is, mekaar help en ondersteun. Maar selfs as ons nie direk daardeur geraak word nie, dink ons aan ons broers en susters en doen ons ons bes om hulle te help. – 1Kor 12:25, 26.
Lees 1 Konings 13:6 en Jakobus 5:16b. Vra dan vir die gehoor:
Hoekom is die gebede wat God se knegte vir ander doen kragtig?
Lees Markus 12:42-44 en 2 Korintiërs 8:1-4. Vra dan vir die gehoor:
Hoekom moet ons nie huiwer om donasies te maak aan die wêreldwye werk om ons behoeftige broers te help nie, selfs al het ons nie baie geld nie?
Speel die VIDEO Die broers word versterk, al is die werk verbied. Vra dan vir die gehoor:
Watter liefdevolle opofferings het broers gemaak om mede-Christene te help wat in Oos-Europa gebly het waar die werk verbied was?
Hoe was ons broers gehoorsaam aan die bevel om te vergader en om mekaar aan te moedig terwyl die werk verbied was? – Heb 10:24, 25
9. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) lfb les 4-5