25 Ek sê byvoorbeeld vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die dae van Eliʹa, toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar ’n groot hongersnood oor die hele land gekom het;+
17 Eliʹa was ’n mens met gevoelens soos ons s’n,+ en tog het hy in gebed gebid dat dit nie moet reën nie;+ en dit het drie jaar en ses maande lank nie in die land gereën nie.