20 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Beʹtuel,+ die Siriër+ van Paddan-Aram, die suster van Laban, die Siriër, as vrou geneem het.
5 En jy moet antwoord en voor Jehovah jou God sê: ‘My vader was ’n Siriër wat op die punt was om om te kom;+ en hy het na Egipte afgetrek+ en daar met baie min mense+ as ’n vreemdeling gewoon; maar daar het hy ’n groot, magtige en talryke nasie geword.+
6 Verder het Dawid garnisoene+ in Sirië van Damaskus geplaas; en die Siriërs het Dawid se knegte geword wat skatting moes bring.+ En Jehovah het Dawid gered waar hy ook al gegaan het.+
2 En wat die Siriërs betref, hulle het as rowerbendes+ uitgetrek, en hulle het ’n meisietjie uit die land van Israel gevange geneem,+ en sy het voor Naäman se vrou gekom.
12 Sirië uit die ooste+ en die Filistyne van agter,+ en hulle sal Israel met ’n oop mond opeet.+ Met die oog op dit alles het sy toorn nie gewyk nie, maar bly sy hand uitgesteek.+