10 Bring al die tiendes+ in die voorraadkamer, sodat daar voedsel in my huis kan wees;+ en stel my asseblief hierin op die proef”,+ het Jehovah van die leërs gesê, “of ek nie vir julle die sluise van die hemel sal oopmaak+ en op julle ’n seën sal uitstort totdat daar geen gebrek meer is nie.”+
31 Toe het die gemeente+ deur die hele Judeʹa en Galileʹa en Samariʹa inderdaad ’n tydperk van vrede ingegaan en is dit opgebou; en terwyl dit in die vrees van Jehovah+ en in die vertroosting van die heilige gees+ gewandel het, het dit bly vermeerder.