-
Josua 23:14Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
14 “En kyk! ek gaan vandag die weg van die hele aarde,+ en julle weet goed met julle hele hart en met julle hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat Jehovah julle God met julle gespreek het, onvervuld gebly het nie. Alles is vir julle bewaarheid. Nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.+
-
-
Sagaria 1:6Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
6 Maar my woorde en my voorskrifte wat ek my knegte, die profete, beveel het,+ het dit julle vaders nie ingehaal nie?’+ Toe het hulle teruggekeer en gesê: ‘Volgens wat Jehovah van die leërs in gedagte gehad het om aan ons te doen,+ volgens ons weë en volgens ons handelinge, so het hy met ons gedoen.’”+
-