30 Laat al twee saam groei tot die oes toe; en in die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand,+ en gaan bring dan die koring in my voorraadskuur bymekaar.’”+
15 En ’n ander engel het uit die tempelheiligdom te voorskyn gekom en met ’n harde stem geroep na die een wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en maai,+ omdat die uur gekom het om te maai, want die oes+ van die aarde is heeltemal ryp.”+