6 Want ’n kind is vir ons gebore,+ ’n seun is vir ons gegee;+ en die vorstelike heerskappy sal op sy skouer wees.+ En hy sal genoem word: Wonderlike Raadgewer,+ Magtige God,+ Ewige Vader,+ Vredevors.+
5 “Kyk! Daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal vir Dawid ’n regverdige spruit verwek.+ En ’n koning sal beslis regeer+ en oordeelkundig handel en geregtigheid en regverdigheid uitoefen in die land.+
2 “En jy, o Betlehem Eʹfrata,+ wat te klein is om onder die duisende van Juda te wees,+ uit jou+ sal daar vir my die een voortkom wat die heerser in Israel sal word,+ wie se oorsprong uit die vroeë tye is, uit die dae van onbepaalde tyd.+