7 dan sal ek Israel uitroei van die oppervlak van die land af wat ek aan hulle gegee het;+ en die huis wat ek vir my naam geheilig het, sal ek van my wegwerp,+ en Israel sal inderdaad ’n spreekwoord+ en ’n spot onder al die volke word.
17 Uiteindelik het ek vir hulle gesê: “Julle sien in watter benarde toestand ons verkeer, hoe Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is. Kom en laat ons die muur van Jerusalem herbou, sodat ons nie langer ’n smaad sal wees nie.”+