10 Die septer sal van Juda nie wyk nie,+ ook nie die aanvoerderstaf tussen sy voete uit nie, totdat Silo kom;+ en aan hom sal die gehoorsaamheid van die volke behoort.+
6 Want ’n kind is vir ons gebore,+ ’n seun is vir ons gegee;+ en die vorstelike heerskappy sal op sy skouer wees.+ En hy sal genoem word: Wonderlike Raadgewer,+ Magtige God,+ Ewige Vader,+ Vredevors.+
5 “Kyk! Daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal vir Dawid ’n regverdige spruit verwek.+ En ’n koning sal beslis regeer+ en oordeelkundig handel en geregtigheid en regverdigheid uitoefen in die land.+