Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 3:8
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 8 En ek daal neer om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos+ en om hulle uit daardie land te laat optrek na ’n goeie en uitgestrekte land, na ’n land wat oorloop van melk en heuning,+ na die plek van die Kanaäniete en die Hetiete en die Amoriete en die Perissiete en die Hewiete en die Jebusiete.+

  • Deuteronomium 6:3
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 3 En jy moet luister, o Israel, en dit sorgvuldig uitvoer,+ sodat dit met jou goed kan gaan+ en julle talryk kan word, net soos Jehovah, die God van jou voorvaders, jou beloof het+ aangaande die land wat oorloop van melk en heuning.

  • Deuteronomium 8:7
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 7 Want Jehovah jou God bring jou in ’n goeie land,+ ’n land van stroomvalleie vol water, fonteine en waterdieptes wat in die valleivlaktes+ en in die bergstreke ontspring,

  • Josua 5:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 Want die kinders van Israel het veertig jaar+ lank in die wildernis gewandel, totdat die hele nasie van die krygsmanne wat uit Egipte gekom het, wat nie na die stem van Jehovah geluister het nie, aan hulle einde gekom het, vir wie Jehovah gesweer het dat hy hulle nooit die land sou laat sien+ wat Jehovah aan hulle voorvaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee nie,+ ’n land wat oorloop van melk en heuning.+

  • Jeremia 11:5
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 5 om die eed gestand te doen wat ek vir julle voorvaders gesweer het,+ om aan hulle die land te gee wat oorloop van melk en heuning,+ soos dit vandag is.’”’”

      En ek het geantwoord en gesê: “Amen, o Jehovah.”

  • Jeremia 32:22
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 22 “Mettertyd het u aan hulle hierdie land gegee wat u aan hulle voorvaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee,+ ’n land wat oorloop van melk en heuning.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel