10 Glo jy nie dat ek in eenheid met die Vader en die Vader in eenheid met my is nie?+ Die dinge wat ek vir julle sê, sê ek nie uit myself nie; maar die Vader wat in eenheid met my bly, doen sy werke.+
32 Kyk! Die uur kom, ja, dit het gekom, wanneer elkeen van julle na sy eie huis verstrooi sal word+ en julle my alleen sal laat; en tog is ek nie alleen nie, omdat die Vader met my is.+