15 Moses het vir sy skoonpa gesê: “Omdat die volk na my toe bly kom om God se leiding te vra. 16 Wanneer ’n saak ontstaan, word dit aan my voorgelê, en ek moet tussen die een persoon en die ander oordeel, en ek maak die besluite van die ware God en sy wette bekend.”+
11 Jehovah het direk* met Moses gepraat,+ net soos een man met ’n ander man sou praat. Wanneer hy na die kamp teruggekeer het, het Josua,+ die seun van Nun, sy dienaar en helper,+ nie die tent verlaat nie.
11 Die seun van die Israelitiese vrou het die Naam* begin laster en vervloek.+ Daarom het hulle hom na Moses toe gebring.+ Terloops, sy ma was Seʹlomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan. 12 Hulle het hom in aanhouding geplaas totdat Jehovah se besluit aan hulle bekend gemaak is.+