Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 23:16
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 16 Julle moet ook die Fees van die Oes* vier, die fees van die eerste opbrengs van julle arbeid, dit wil sê van wat julle in die landerye gesaai het.+ Aan die einde van die jaar moet julle die Fees van die Insameling* vier, wanneer julle die vrugte van julle arbeid uit die landerye ingesamel het.+

  • Levitikus 23:34-36
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 34 “Sê vir die Israeliete: ‘Op die 15de dag van die sewende maand is die Huttefees* vir Jehovah, sewe dae lank.+ 35 Daar moet ’n heilige byeenkoms op die eerste dag wees, en julle moet geen harde werk doen nie. 36 Julle moet sewe dae lank ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Op die agtste dag moet julle ’n heilige byeenkoms hou,+ en julle moet ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Dit is ’n heilige vergadering. Julle mag geen harde werk doen nie.

  • Deuteronomium 16:13-15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 “Jy moet die Huttefees*+ sewe dae lank vier wanneer jy die opbrengs van jou dorsvloer, jou oliepers en jou wynpers insamel. 14 Wees bly gedurende jou fees,+ jy en jou seun, jou dogter, jou slaaf, jou slavin, die Leviet, die uitlander wat onder julle woon, die weeskind en die weduwee wat in julle stede is. 15 Sewe dae moet jy die fees+ vir Jehovah jou God vier op die plek wat Jehovah uitkies, want Jehovah jou God sal jou hele opbrengs en alles wat jy doen, seën,+ en jy moet net vreugdevol wees.+

  • Nehemia 8:14-18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Toe het hulle gesien dat daar in die Wet wat Jehovah deur middel van Moses gegee het, geskryf is dat die Israeliete gedurende die fees in die sewende maand in hutte* moet woon+ 15 en dat hulle in al hulle stede en in die hele Jerusalem die volgende aankondiging moet maak:+ “Gaan uit na die bergstreek en bring takke met blare van olyfbome, dennebome, mirtebome, palmbome en ander bome. Gebruik dit om hutte te maak, volgens wat geskryf is.”

      16 Die volk het dus uitgegaan en takke ingebring om vir hulle hutte te maak, elkeen op sy dak, sowel as in hulle binnehowe, in die voorhowe van die huis van die ware God,+ op die openbare plein van die Waterpoort+ en op die openbare plein van die Eʹfraim-poort.+ 17 So het die hele gemeente van dié wat uit die gevangenskap teruggekom het, hutte gemaak en in die hutte gaan woon, want die Israeliete het dit nie op hierdie manier gedoen van die dae van Josua,+ die seun van Nun, af tot op daardie dag nie. Die hele volk het vreugdevol feesgevier.+ 18 En dag ná dag is daar uit die Wetboek van die ware God voorgelees,+ van die eerste dag tot die laaste dag. Hulle het die fees sewe dae lank gehou, en op die agtste dag was daar ’n heilige vergadering, soos die Wet vereis het.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel