-
Genesis 38:7-10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Maar Er, Juda se eersgeborene, was sleg in Jehovah se oë. Jehovah het hom dus doodgemaak. 8 As gevolg hiervan het Juda vir Onan gesê: “Sluit ’n swaershuwelik met jou broer se vrou. Slaap by haar en verwek ’n nageslag vir jou broer.”+ 9 Maar Onan het geweet dat die nageslag nie as syne beskou sou word nie.+ Elke keer as hy seksuele omgang met sy broer se vrou gehad het, het hy dus sy saad op die grond gestort sodat hy vir sy broer geen nageslag sou gee nie.+ 10 Wat hy gedoen het, was sleg in Jehovah se oë, en daarom het hy hom ook doodgemaak.+
-