-
Jeremia 7:23, 24Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
23 Maar ek het hulle wel hierdie bevel gegee: “Gehoorsaam my stem, en ek sal julle God word, en julle sal my volk word.+ Julle moet die hele weg volg wat ek julle beveel, sodat dit met julle goed kan gaan.”’+ 24 Maar hulle het nie geluister of aandag geskenk nie.+ Hulle het eerder hulle eie planne* gevolg, en hulle was hardkoppig en het hulle eie goddelose hart gevolg,+ en hulle het agteruit gegaan, nie vooruit nie,
-
-
Jeremia 11:7, 8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Want ek het julle voorvaders ernstig gewaarsku vanaf die dag toe ek hulle uit Egipte uitgelei het tot vandag toe deur herhaaldelik vir hulle te sê:* “Gehoorsaam my stem.”+ 8 Maar hulle het nie geluister of aandag geskenk nie. Elkeen van hulle was eerder hardkoppig en het sy eie slegte hart bly volg.+ Daarom het ek al die woorde van hierdie verbond oor hulle gebring wat ek hulle beveel het om te doen en wat hulle geweier het om te gehoorsaam.’”
-