Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Samuel 12:13
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 Dawid het toe vir Natan gesê: “Ek het teen Jehovah gesondig.”+ Natan het geantwoord: “Jehovah vergewe u sonde.+ U sal nie sterf nie.+

  • 2 Kronieke 33:12, 13
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Toe dit so sleg met hom gegaan het, het hy Jehovah sy God om genade gesmeek,* en hy het nederig berou getoon voor die God van sy voorvaders. 13 Hy het tot God bly bid, en sy smeekgebed het God diep geraak. God het sy versoek om genade gehoor en hom weer koning in Jerusalem laat word.+ Toe het Manasʹse geweet dat Jehovah die ware God is.+

  • Psalm 32:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  3 Toe ek stilgebly het, het al my bene weggeteer as gevolg van my gekreun die hele dag lank.+

  • Psalm 32:5
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  5 Uiteindelik het ek my sonde aan u bely.

      Ek het my oortreding nie weggesteek nie.+

      Ek het gesê: “Ek sal my oortreding aan Jehovah bely.”+

      En u het die oortreding van my sondes vergewe.+ (Sela)

  • Psalm 51:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 51 Betoon genade aan my, o God, in ooreenstemming met u lojale liefde.+

      Wis my oortredings uit in ooreenstemming met u groot genade.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel