Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Kronieke 32:21, 22
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 21 Toe het Jehovah ’n engel gestuur en elke magtige soldaat, leier en hoof in die kamp van die koning van Assiʹrië doodgemaak,+ en die koning van Assiʹrië het vernederd na sy land teruggegaan. Later het hy in die tempel van sy god ingegaan, waar party van sy eie seuns hom met die swaard doodgemaak het.+ 22 So het Jehovah Hiskiʹa en die inwoners van Jerusalem gered van koning Sanʹherib van Assiʹrië en van al die ander, en daar was vrede in die land.

  • Jesaja 30:31
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 31 Want weens die stem van Jehovah sal Assiʹrië baie bang wees.+

      Hy sal dit met ’n stok slaan.+

  • Jesaja 31:8
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  8 En die Assiriër sal deur die swaard val, maar nie deur die swaard van ’n man nie.

      Hy sal vernietig word deur ’n swaard, maar nie dié van ’n mens nie.+

      Hy sal vir die swaard vlug,

      en sy jong manne sal slawe word.

  • Jesaja 37:36, 37
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 36 En die engel van Jehovah het uitgegaan en 185 000 manne in die kamp van die Assiriërs doodgemaak. Toe mense die volgende oggend vroeg opstaan, het hulle al die lyke gesien.+ 37 Daarom het koning Sanʹherib van Assiʹrië na Niʹneve+ teruggekeer en daar gebly.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel