Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Kronieke 36:15, 16
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Jehovah, die God van hulle voorvaders, het hulle keer op keer deur middel van sy boodskappers gewaarsku, want hy het jammer gevoel vir sy volk en sy tempel.* 16 Maar hulle het die boodskappers van die ware God bly spot,+ en hulle het sy woorde geïgnoreer+ en sy profete uitgelag,+ totdat Jehovah vir sy volk woedend geword het+ en daar geen hoop was dat hulle genees kon word nie.

  • Jesaja 65:2
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  2 Ek het my hande die hele dag deur uitgestrek na ’n hardkoppige volk,+

      na dié wat op die verkeerde weg is,+

      wat hulle eie gedagtes volg,+

  • Jeremia 7:24-26
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 Maar hulle het nie geluister of aandag geskenk nie.+ Hulle het eerder hulle eie planne* gevolg, en hulle was hardkoppig en het hulle eie goddelose hart gevolg,+ en hulle het agteruit gegaan, nie vooruit nie, 25 van die dag af dat julle voorvaders uit Egipte gekom het tot vandag toe.+ Daarom het ek al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur, elke dag, keer op keer.*+ 26 Maar hulle het geweier om na my te luister, en hulle het nie aandag geskenk nie.+ Hulle was eerder hardkoppig* en het erger opgetree as hulle voorvaders!

  • Jeremia 35:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 En ek het al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur. Ek het hulle keer op keer gestuur*+ en gesê: ‘Keer asseblief terug van julle goddelose weë,+ elkeen van julle, en doen wat reg is! Moenie agter ander gode aanloop en hulle dien nie. Dan sal julle bly woon in die land wat ek aan julle en aan julle voorvaders gegee het.’+ Maar julle het nie aandag geskenk of na my geluister nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel