Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 14:15-21
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Maar toe dit aand word, het sy dissipels na hom toe gekom en gesê: “Ons is op ’n afgeleë plek, en dit is al laat. Stuur die skare weg, sodat hulle in die dorpies kan ingaan en vir hulle kos kan koop om te eet.”+ 16 Maar Jesus het vir hulle gesê: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.” 17 Hulle het vir hom gesê: “Ons het niks hier nie, behalwe vyf brode en twee visse.” 18 Hy het gesê: “Bring dit na my toe.” 19 Nadat hy vir die skare gesê het om op die gras te gaan sit, het hy die vyf brode en twee visse geneem, na die hemel opgekyk en gebid.+ Hy het die brode gebreek en dit vir die dissipels gegee, en die dissipels het dit vir die skare gegee. 20 Toe het hulle almal geëet en versadig geword, en nadat hulle die oorskietstukke opgetel het, was daar 12 mandjies vol.+ 21 Daar was omtrent 5 000 mans wat geëet het, sowel as vrouens en jong kinders.+

  • Lukas 9:12-17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Teen die einde van die dag het die Twaalf nader gekom en vir hom gesê: “Stuur die skare weg, sodat hulle na die omliggende dorpies en platteland kan gaan om kos en blyplek te kry, want ons is hier op ’n afgeleë plek.”+ 13 Maar hy het vir hulle gesê: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”+ Hulle het gesê: “Ons het net vyf brode en twee visse, tensy ons miskien self vir al hierdie mense gaan kos koop.” 14 Daar was omtrent 5 000 mans. Hy het vir sy dissipels gesê: “Laat hulle in groepe van omtrent 50 elk gaan sit.” 15 En hulle het dit gedoen en almal laat sit. 16 Toe het hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en dit geseën. Daarna het hy dit gebreek en dit vir die dissipels begin gee om aan die skare te gee. 17 Toe het hulle almal geëet en versadig geword, en nadat hulle die oorskietstukke opgetel het, was daar 12 mandjies vol.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel