-
Matteus 6:25-30Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 “Daarom sê ek vir julle: Hou op om bekommerd te wees+ oor julle lewens,* oor wat julle sal eet of oor wat julle sal drink, of oor julle liggame, oor wat julle sal aantrek.+ Beteken die lewe* nie meer as kos en die liggaam meer as klere nie?+ 26 Hou die voëls van die hemel goed dop.+ Hulle saai nie saad nie en hulle oes nie en hulle maak nie in voorraadskure bymekaar nie, maar tog sorg julle hemelse Vader dat hulle kos het. Is julle nie meer werd as hulle nie? 27 Wie van julle kan een el* by sy lewe voeg deur hom te bekommer?+ 28 En hoekom is julle bekommerd oor klere? Leer ’n les by die lelies van die veld, hoe hulle groei. Hulle sloof hulle nie af nie, en hulle spin ook nie, 29 maar ek sê vir julle dat nie eers Salomo+ met al sy prag en rykdom soos een van hulle geklee was nie. 30 As God dan die plantegroei van die veld so klee, wat vandag hier is en môre in die oond gegooi word, sal hy julle nie veel eerder klee nie? Waar is julle geloof?
-