-
Matteus 27:5-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Toe het hy die silwerstukke in die tempel gegooi en weggegaan. Daarna het hy homself gaan ophang.+ 6 Maar die hoofpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: “Dit mag nie in die heilige skatkamer gesit word nie, want dit is bloedgeld.” 7 Nadat hulle die saak bespreek het, het hulle die pottebakker se stuk grond met die geld gekoop om vreemdelinge daar te begrawe. 8 Daarom word daardie stuk grond tot vandag toe Bloedgrond+ genoem.
-