Psalm 1:2 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 2 Maar hy vind vreugde in die wet van Jehovah,+en dag en nag lees hy Sy wet en dink hy daaroor na.*+ Lukas 11:28 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 28 Maar hy het gesê: “Nee, gelukkig is dié wat die woord van God hoor en dit gehoorsaam!”+ Johannes 13:17 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 17 Noudat julle hierdie dinge weet, sal julle gelukkig wees as julle dit doen.+ Jakobus 1:22 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 22 Moenie net hoor wat die woord sê nie, maar doen ook wat dit sê,+ want anders sal julle julleself met valse redenasies bedrieg.
22 Moenie net hoor wat die woord sê nie, maar doen ook wat dit sê,+ want anders sal julle julleself met valse redenasies bedrieg.