Psalms
’n Melodie van Dawid, om as ’n herinnering te dien.
3 My hele liggaam is siek* as gevolg van u woede.
Daar is geen vrede in enige van my bene as gevolg van my sonde nie.+
5 My wonde stink en sweer
as gevolg van my dwaasheid.
6 Ek is angstig en baie mismoedig.
Ek loop die hele dag lank hartseer rond.
My hele liggaam is siek.+
8 Ek het alle gevoel verloor en heeltemal verpletter geword.
My angstige hart laat my hardop kreun.*
9 O Jehovah, al my begeertes is voor u,
en wanneer ek sug, is dit nie vir u weggesteek nie.
11 My vriende en my geliefdes vermy my as gevolg van my plaag,
en dié wat na aan my is, bly weg van my af.
12 Dié wat my wil doodmaak, stel strikke.
Dié wat iets slegs aan my probeer doen, praat van vernietiging.+
Hulle mompel die hele dag lank bedrieglike dinge.
13 Maar soos iemand wat doof is, het ek nie geluister nie.+
Soos iemand wat stom is, het ek nie my mond oopgemaak nie.+
14 Ek het geword soos ’n man wat nie kan hoor nie,
wie se mond niks het om as verdediging te sê nie.
16 Want ek het gesê: “Laat hulle nie lekker kry as gevolg van my rampspoed
of op my neersien as my voet gly nie.”
18 Ek het my oortreding bely.+
My sonde het my gepla.+
20 Hulle het my terugbetaal met slegtheid vir die goeie wat ek doen.
Hulle het my teëgestaan omdat ek probeer doen wat goed is.
21 Moet my nie verlaat nie, o Jehovah.
O God, moenie ver van my af bly nie.+