Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Genesis 17
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Genesis

      • Abraham sal vader van baie nasies word (1-8)

        • Abram se naam verander na Abraham (5)

      • Verbond van die besnydenis (9-14)

      • Sarai se naam verander na Sara (15-17)

      • Seun belowe, Isak (18-27)

Genesis 17:1

Voetnote

  • *

    Lett. “Wandel voor my”.

  • *

    Of “en wees onberispelik”.

Genesis 17:2

Kruisverwysings

  • +Ge 15:18; Ps 105:8-11
  • +Ge 22:17; De 1:10; Heb 11:11, 12

Genesis 17:4

Kruisverwysings

  • +Ps 105:9-11
  • +Ge 13:16; Ro 4:17

Genesis 17:5

Voetnote

  • *

    Beteken “vader is hoog (verhewe)”.

  • *

    Beteken “vader van ’n skare (menigte); vader van baie”.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/2/1, bl. 13

Genesis 17:6

Kruisverwysings

  • +Ge 35:10, 11

Genesis 17:7

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Lu 1:72, 73

Genesis 17:8

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Eks 6:4; Heb 11:8, 9
  • +De 14:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    Ontwaak!,

    2012/5, bl. 17-18

Genesis 17:9

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Genesis 17:10

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Ge 21:4; Ro 2:29

Genesis 17:11

Kruisverwysings

  • +Han 7:8; Ro 4:11

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2007/6/1, bl. 12-13

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 17:12

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Lu 2:21

Genesis 17:13

Kruisverwysings

  • +Eks 12:44

Genesis 17:15

Voetnote

  • *

    Beteken moontlik “stryerig”.

  • *

    Beteken “prinses”.

Kruisverwysings

  • +Ge 11:29

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 5 2017, bl. 14

    Die Wagtoring,

    2009/2/1, bl. 13

Genesis 17:16

Kruisverwysings

  • +Ge 18:10

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 5 2017, bl. 14

Genesis 17:17

Kruisverwysings

  • +Ge 18:12
  • +Ro 4:19; Heb 11:11

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 5 2017, bl. 14

    Die Wagtoring,

    1989/7/1, bl. 21

Genesis 17:18

Kruisverwysings

  • +Ge 16:11

Genesis 17:19

Voetnote

  • *

    Beteken “gelag”.

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Mt 1:2
  • +Ge 26:24

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/2/1, bl. 13-14

Genesis 17:20

Kruisverwysings

  • +Ge 16:10; 21:13, 18; 25:13-16; 1Kr 1:29-31

Genesis 17:21

Kruisverwysings

  • +Ge 26:3; Heb 11:8, 9
  • +Ge 18:10, 14; 21:1

Genesis 17:23

Kruisverwysings

  • +Ge 17:13

Genesis 17:24

Kruisverwysings

  • +Han 7:8; Ro 4:11

Genesis 17:25

Kruisverwysings

  • +Ge 16:16

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Gen. 17:2Ge 15:18; Ps 105:8-11
Gen. 17:2Ge 22:17; De 1:10; Heb 11:11, 12
Gen. 17:4Ps 105:9-11
Gen. 17:4Ge 13:16; Ro 4:17
Gen. 17:6Ge 35:10, 11
Gen. 17:7Lu 1:72, 73
Gen. 17:8Eks 6:4; Heb 11:8, 9
Gen. 17:8De 14:2
Gen. 17:10Ge 21:4; Ro 2:29
Gen. 17:11Han 7:8; Ro 4:11
Gen. 17:12Lu 2:21
Gen. 17:13Eks 12:44
Gen. 17:15Ge 11:29
Gen. 17:16Ge 18:10
Gen. 17:17Ge 18:12
Gen. 17:17Ro 4:19; Heb 11:11
Gen. 17:18Ge 16:11
Gen. 17:19Mt 1:2
Gen. 17:19Ge 26:24
Gen. 17:20Ge 16:10; 21:13, 18; 25:13-16; 1Kr 1:29-31
Gen. 17:21Ge 26:3; Heb 11:8, 9
Gen. 17:21Ge 18:10, 14; 21:1
Gen. 17:23Ge 17:13
Gen. 17:24Han 7:8; Ro 4:11
Gen. 17:25Ge 16:16
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Genesis 17:1-27

Genesis

17 Toe Abram 99 jaar oud was, het Jehovah aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe in ooreenstemming met my wil* en lei ’n rein lewe.* 2 Ek sal ’n verbond met jou maak,+ en ek sal jou baie vermeerder.”+

3 Toe het Abram met sy gesig na die grond toe neergebuig, en God het verder vir hom gesê: 4 “Ek het ’n verbond met jou gemaak,+ en jy sal beslis die vader van baie nasies word.+ 5 Jou naam sal nie meer Abram* wees nie, maar Abraham,* want ek sal jou die vader van baie nasies maak. 6 Ek sal jou baie vrugbaar maak en jou die voorvader van nasies maak, en konings sal van jou afstam.+

7 “En ek sal my verbond met jou+ en jou nageslag* nakom tot in al hulle geslagte, as ’n ewige verbond, sodat ek God kan wees vir jou en jou nageslag.* 8 En ek sal aan jou en jou nageslag* die land gee waarin jy as ’n uitlander gewoon het+ – die hele land Kanaän – as ’n permanente besitting, en ek sal hulle God wees.”+

9 God het verder vir Abraham gesê: “Wat jou betref, jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag* in al hulle geslagte. 10 Dít is my verbond tussen my en julle wat julle en julle nageslag* moet nakom: Almal wat manlik is onder julle, moet besny word.+ 11 Julle moet julle laat besny, en dit sal ’n teken wees van die verbond tussen my en julle.+ 12 In al julle geslagte moet elke manlike persoon onder julle wat agt dae oud is, besny word,+ elkeen wat in julle huise gebore is en elkeen wat nie van julle nageslag* is nie en wat by ’n uitlander gekoop is. 13 Elke man wat in jou huis gebore is en elke man wat met jou geld gekoop is, moet besny word.+ Hierdie teken op julle liggame sal dien as bewys van my permanente verbond met julle. 14 As ’n man hom nie wil laat besny nie, moet daardie persoon doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word. Hy het my verbond verbreek.”

15 Toe het God vir Abraham gesê: “Wat Sarai,* jou vrou,+ betref, jy moet haar nie Sarai noem nie, want Sara* sal haar naam wees. 16 Ek sal haar seën, en ek sal ook deur middel van haar vir jou ’n seun gee.+ Ek sal haar seën, en nasies sal van haar afstam. Konings van volke sal uit haar voortkom.” 17 Daarna het Abraham met sy gesig na die grond toe neergebuig en begin lag en in sy hart gesê:+ “Sal daar vir ’n man wat 100 jaar oud is, ’n kind gebore word, en sal Sara, ’n vrou wat 90 jaar oud is, geboorte gee?”+

18 Abraham het dus vir die ware God gesê: “O, mag Isʹmael voor u lewe!”+ 19 Toe het God gesê: “Sara, jou vrou, sal beslis vir jou aan ’n seun geboorte gee, en jy moet hom Isak*+ noem. Dit is met hom wat ek my verbond sal bevestig as ’n ewige verbond vir sy nageslag.*+ 20 Maar wat Isʹmael betref, ek het jou gehoor. Ek sal hom seën en hom vrugbaar maak en hom baie vermeerder. Twaalf hoofmanne sal van hom afstam, en ek sal hom ’n groot nasie laat word.+ 21 Maar dit is met Isak wat ek my verbond sal bevestig.+ Sara sal volgende jaar hierdie tyd aan hom geboorte gee.”+

22 Nadat God met Abraham gepraat het, het Hy van hom af weggegaan. 23 Abraham het toe sy seun Isʹmael geneem, sowel as al die manne wat in sy huis gebore is en almal wat hy gekoop het, almal wat manlik was in sy huis, en hy het hulle op daardie selfde dag besny, net soos God vir hom gesê het.+ 24 Abraham was 99 jaar oud toe hy hom laat besny het.+ 25 En sy seun Isʹmael was 13 jaar oud toe hy hom laat besny het.+ 26 Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Isʹmael besny. 27 Al die manne van sy huis, elkeen wat in sy huis gebore is en elkeen wat by ’n uitlander gekoop is, is ook saam met hom besny.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel