Job
9 Job het geantwoord:
2 “Ek weet dat dit so is.
Maar hoe kan ’n mens reg wees in ’n saak teen God?+
3 As iemand met Hom wil stry,*+
sal daardie persoon nie eers een van Sy vrae kan beantwoord nie, selfs al vra Hy ’n duisend vrae.
4 Hy is baie wys* en baie sterk.+
Wie kan hom teëstaan sonder om iets oor te kom?+
5 Hy verskuif* berge sonder dat iemand daarvan weet.
Hy keer hulle om in sy woede.
9 Hy het die Asj-sterrebeeld,* die Kesil-sterrebeeld,* die Kima-sterrebeeld*+
en die sterrebeelde van die suidelike hemel* gemaak.
11 Hy gaan by my verby, en ek kan hom nie sien nie.
Hy gaan verder, maar ek kom dit nie agter nie.
12 Wie kan hom keer wanneer hy iets gryp?
Wie kan vir hom sê: ‘Wat doen u?’+
13 God sal sy woede nie terughou nie.+
Selfs die helpers van Rahab*+ sal voor hom neerbuig.
14 Hoe sal ek hom dan kan antwoord?
Ek sal my woorde baie versigtig moet kies!
15 Selfs as ek reg was, sou ek hom nie antwoord nie.+
Ek sou my regter* net om genade kon smeek.
16 Sal hy my antwoord as ek na hom roep?
Ek glo nie dat hy na my stem sal luister nie,
17 want hy tref my met ’n storm
en laat my wonde sonder rede meer word.+
18 Hy gee my nie kans om asem te skep nie.
Hy hou aan om my met bitter dinge te vul.
19 As dit gaan oor krag, is hy die sterkste.+
En as dit gaan oor geregtigheid, sê hy: ‘Wie kan ’n klag teen my inbring?’*
20 As ek reg was, sou my eie mond my veroordeel.
Selfs as ek onskuldig is,* sal hy my skuldig verklaar.
21 Selfs as ek onskuldig is,* weet ek nie wat met my gaan gebeur nie.
Ek haat my lewe.
22 Dit maak geen verskil nie. Daarom sê ek:
‘Hy vernietig die onskuldiges* sowel as die goddeloses.’
23 As mense skielik in ’n oorstroming doodgaan,
sal hy lag oor die hopelose toestand van die onskuldiges.
24 Hy het die aarde aan die goddeloses oorgegee.+
Hy sluit die oë van die regters.
As dit nie hy is nie, wie is dit dan?
25 My dae gaan vinniger verby as ’n hardloper.+
Hulle vlieg verby sonder om die goeie te sien.
26 Hulle gly verby soos ’n rietbootjie,
soos ’n arend wat neerskiet op sy prooi.
27 As ek sê: ‘Ek gaan ophou kla;
ek sal glimlag en vrolik wees,’
28 dan sal ek nog bang wees as gevolg van al my pyne,+
en ek weet dat u my nie onskuldig sal verklaar nie.
29 Ek sal skuldig* bevind word.
Ek kan maar net so wel tou opgooi.+
30 As ek my in sneeuwater was
en as ek my hande met seep* was,+
31 dan sal u my in ’n modderput gooi,
sodat selfs my klere my sal haat.
33 Daar is niemand wat tussen ons kan oordeel nie,
wat ons regter kan wees nie.