Psalms
Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word wat op Sjeminit* ingestem is. ’n Melodie van Dawid.
2 Betoon genade aan my, o Jehovah, want ek word al hoe swakker.
Genees my, o Jehovah,+ want ek* bewe.
4 Kom terug, o Jehovah, en red my.+
Red my ter wille van u lojale liefde.+
5 Want in die dood praat niemand oor u nie.*
6 Ek het moeg geword omdat ek so baie sug.+
Die hele nag laat ek my bed swem in die trane.
My rusbank is oorstroom deur my gehuil.+
7 My oog het swak geword as gevolg van my hartseer.+
Dit het dof* geword weens al my vyande.
9 Jehovah sal my smeekgebed hoor.+
Jehovah sal my gebed aanvaar.