Psalms
’n Treurlied van Dawid wat hy vir Jehovah gesing het oor die woorde van Kus, die Benjaminiet.
7 O Jehovah my God, ek het by u beskerming kom soek.+
Red my van almal wat my vervolg.+
3 O Jehovah my God, as ek enigiets verkeerds gedoen het,
as ek onregverdig opgetree het,
4 as ek die een wat goed is vir my, ’n onreg aangedoen het,+
of as ek my vyand sonder rede beroof het,*
5 laat ’n vyand my dan agternasit en inhaal.
Laat hy my lewe in die grond intrap
en my heerlikheid in die stof laat verdwyn. (Sela)
6 Staan op in u woede, o Jehovah.
Staan op teen die woede van my vyande.+
Staan op om my te help en beveel dat geregtigheid uitgevoer word.+
7 Laat die nasies u omsingel,
en u sal vanuit die hoogte teen hulle optree.
8 Jehovah sal die volke vonnis.+
9 Maak asseblief ’n einde aan die slegte dade van die goddeloses.
Maar maak die regverdige standvastig,+
want u is die regverdige God+ wat die hart+ en die diepste emosies ondersoek.*+
10 God is my skild,+ die Redder van die opregtes van hart.+
13 Hy berei sy dodelike wapens voor.
Hy maak sy vlammende pyle gereed.+
14 Kyk na die een wat swanger is met goddeloosheid.
Hy is swanger met moeilikheid en gee geboorte aan leuens.+
16 Die moeilikheid wat hy veroorsaak, sal op sy eie kop terugkom.+
Sy geweld sal op die kroon van sy kop neerkom.
17 Ek sal Jehovah loof vir sy geregtigheid.+
Ek sal liedere sing* om die naam van Jehovah, die Allerhoogste,+ te loof.+