Psalms
Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie.
47 Alle volke, klap julle hande.
Loof God, roep van vreugde uit.
2 Want Jehovah, die Allerhoogste, is ontsagwekkend.+
Hy is die groot Koning oor die hele aarde.+
3 Hy onderwerp volke onder ons.
Hy plaas nasies onder ons voete.+
5 God het opgegaan terwyl daar ’n gejuig was.
Jehovah het opgegaan terwyl die geluid van die horing* gehoor is.
6 Sing lofliedere* vir God, sing lofliedere.
Sing lofliedere vir ons Koning, sing lofliedere.
7 Want God is Koning oor die hele aarde.+
Sing lofliedere en toon insig.
8 God het Koning geword oor die nasies.+
God sit op sy heilige troon.
9 Die leiers van die volke het bymekaargekom
saam met die volk van die God van Abraham.
Want die heersers* van die aarde behoort aan God.
Hy is hoog bo almal.+