Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Rigters 15
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Rigters

      • Simson neem wraak op Filistyne (1-20)

Rigters 15:1

Voetnote

  • *

    Of “binnekamer”.

Rigters 15:2

Kruisverwysings

  • +Rig 14:17
  • +Rig 14:11, 20

Rigters 15:6

Kruisverwysings

  • +Rig 14:11, 20
  • +Rig 14:15

Rigters 15:7

Kruisverwysings

  • +Rig 14:4

Rigters 15:8

Voetnote

  • *

    Of “rotskloof”.

Rigters 15:9

Kruisverwysings

  • +2Sa 23:11, 12

Rigters 15:10

Voetnote

  • *

    Of “vas te bind”.

Rigters 15:11

Voetnote

  • *

    Of “rotskloof”.

Kruisverwysings

  • +Rig 13:1

Rigters 15:12

Voetnote

  • *

    Of “vas te bind”.

Rigters 15:14

Kruisverwysings

  • +Rig 13:24, 25; 14:5, 6
  • +Rig 16:9, 12

Rigters 15:15

Kruisverwysings

  • +Rig 3:31

Rigters 15:16

Kruisverwysings

  • +Rig 16:30

Rigters 15:17

Voetnote

  • *

    Beteken “hoogte van die kakebeen”.

Kruisverwysings

  • +Rig 15:9

Rigters 15:18

Voetnote

  • *

    Of “redding”.

Rigters 15:19

Voetnote

  • *

    Lett. “gees”.

  • *

    Beteken “fontein van die een wat roep”.

Kruisverwysings

  • +Eks 17:6

Rigters 15:20

Kruisverwysings

  • +Ge 49:16; Rig 2:16; 13:1, 5; 16:31; Heb 11:32

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Rigt. 15:2Rig 14:17
Rigt. 15:2Rig 14:11, 20
Rigt. 15:6Rig 14:11, 20
Rigt. 15:6Rig 14:15
Rigt. 15:7Rig 14:4
Rigt. 15:92Sa 23:11, 12
Rigt. 15:11Rig 13:1
Rigt. 15:14Rig 13:24, 25; 14:5, 6
Rigt. 15:14Rig 16:9, 12
Rigt. 15:15Rig 3:31
Rigt. 15:16Rig 16:30
Rigt. 15:17Rig 15:9
Rigt. 15:19Eks 17:6
Rigt. 15:20Ge 49:16; Rig 2:16; 13:1, 5; 16:31; Heb 11:32
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Rigters 15:1-20

Rigters

15 Ná ’n ruk, in die tyd van die koringoes, het Simson vir sy vrou gaan kuier en ’n boklam saamgeneem. Hy het gesê: “Ek wil na my vrou toe gaan in die slaapkamer.”* Maar haar pa het hom nie toegelaat om in te gaan nie. 2 Haar pa het gesê: “Ek het gedink jy haat haar,+ en daarom het ek haar vir een van die jong manne gegee wat jou geselskap gehou het.+ Maar hoekom vat jy nie eerder haar jonger suster nie? Sy is nog mooier as sy.” 3 Maar Simson het vir hulle gesê: “Hierdie keer kan die Filistyne my nie blameer as ek hulle skade aandoen nie.”

4 Simson het toe 300 jakkalse gaan vang. Toe het hy fakkels geneem, die jakkalse se sterte twee-twee aan mekaar vasgebind en ’n fakkel tussen elke paar sterte gesit. 5 Toe het hy die fakkels aangesteek en die jakkalse in die Filistyne se graanlande ingestuur. Hy het alles aan die brand gesteek, van die graanbondels tot die ongesnyde graan, sowel as die wingerde en die olyfboorde.

6 Die Filistyne het gevra: “Wie het dit gedoen?” Daar is vir hulle gesê: “Dit was Simson. Hy het dit gedoen omdat sy skoonpa, die Timniet, sy vrou geneem het en haar aan een van die jong manne gegee het wat hom by sy troue geselskap gehou het.”+ Toe het die Filistyne gegaan en haar en haar pa met vuur verbrand.+ 7 Simson het vir hulle gesê: “As julle so optree, sal ek nie rus totdat ek wraak op julle geneem het nie.”+ 8 Toe het hy die een ná die ander doodgemaak in ’n groot slagting, en daarna het hy in ’n grot* by Etam gaan woon.

9 Later het die Filistyne Juda binnegeval, daar kamp opgeslaan en die omgewing van Legi+ beroof. 10 Toe het die manne van Juda gevra: “Hoekom het julle ons gebied binnegeval?” Hulle het geantwoord: “Ons het gekom om Simson te vang,* om aan hom te doen net soos hy aan ons gedoen het.” 11 Daarom het 3 000 manne van Juda na die grot* by Etam gegaan en vir Simson gevra: “Weet jy nie dat die Filistyne oor ons regeer nie?+ Hoekom het jy dit dan aan ons gedoen?” Hy het vir hulle gesê: “Net soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen.” 12 Maar hulle het vir hom gesê: “Ons het gekom om jou te vang* en om jou in die hand van die Filistyne te gee.” Toe het Simson gesê: “Sweer vir my dat julle my nie sal aanval nie.” 13 Hulle het vir hom gesê: “Nee, ons sal jou net vasbind en jou in hulle hand gee, maar ons sal jou nie doodmaak nie.”

Toe het hulle hom met twee nuwe toue vasgebind en hom uit die kloof gebring. 14 Toe hy by Legi gekom het, het die Filistyne in oorwinning uitgeroep toe hulle by hom kom. Toe het Jehovah se gees hom krag gegee,+ en die toue aan sy arms het soos linnedrade geword wat met vuur verskroei is, en sy boeie het van sy hande afgesmelt.+ 15 Hy het toe ’n vars kakebeen van ’n donkie gevind. Hy het dit gegryp en 1 000 manne daarmee doodgeslaan.+ 16 Toe het Simson gesê:

“Met die kakebeen van ’n donkie – een hoop, twee hope!

Met die kakebeen van ’n donkie het ek 1 000 manne doodgeslaan.”+

17 Nadat hy dit gesê het, het hy die kakebeen weggegooi en die plek Ramat-Legi*+ genoem. 18 Toe het hy baie dors geword, en hy het tot Jehovah geroep en gesê: “U het u kneg hierdie groot oorwinning* gegee. Maar moet ek nou doodgaan van die dors en in die hande beland van manne wat nie besny is nie?” 19 Daarom het God ’n holte in Legi oopgekloof, en water het daaruit gevloei.+ Nadat hy gedrink het, het sy krag* teruggekeer en het hy beter gevoel. Hy het die plek dus En-Hakkoʹre* genoem, wat tot vandag toe in Legi is.

20 En hy het 20 jaar lank as rigter oor Israel gedien in die tyd van die Filistyne.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel