Job
17 “My gees is gebreek, my dae is verby.
Die begraafplaas wag op my.+
3 Aanvaar asseblief wat ek as waarborg gee* en hou dit by u.
Wie anders sal my hand skud en vir my borg staan?+
4 Want u het die harte van hierdie manne vir insig gesluit.+
Daarom verhoog u hulle nie.
5 Iemand bied dalk aan om met sy vriende te deel,
terwyl hy nie genoeg het vir sy eie kinders nie.
6 God het my ’n bespotting* onder die volke gemaak.+
Daar word in my gesig gespoeg.+
8 Die opregtes staar verbaas na my.
Die onskuldiges is ontsteld oor die goddeloses.*
10 Maar julle kan almal kom en weer begin stry,
want ek het niemand onder julle gevind wat wys is nie.+
Van my planne, die begeertes van my hart, is daar niks oor nie.+
12 Hulle maak asof die nag dag is,
en hulle sê: ‘Die lig moet naby wees, want dit is donker.’
13 As ek ’n bietjie langer wag, sal die Graf* my huis word.+
Ek sal my lêplek in die duisternis maak.+
14 Ek sal vir die graf+ sê: ‘Jy is my pa!’
en vir die wurms: ‘My ma en my suster!’
Kan enigiemand hoop vir my sien?