Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Esegiël 6
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Esegiël

      • Teen berge van Israel (1-14)

        • Walglike afgode sal verneder word (4-6)

        • “Julle sal moet weet dat ek Jehovah is” (7)

Esegiël 6:4

Voetnote

  • *

    Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.

Kruisverwysings

  • +Jes 27:9
  • +Le 26:30

Esegiël 6:5

Kruisverwysings

  • +Jer 8:1, 2

Esegiël 6:6

Kruisverwysings

  • +Jer 2:15; 32:29; Mi 3:12
  • +Ese 16:39

Esegiël 6:7

Kruisverwysings

  • +Jer 14:18
  • +Ese 7:4

Indekse

  • Navorsingsgids

    Rein aanbidding, bl. 77

Esegiël 6:8

Kruisverwysings

  • +Jer 30:10; 44:28; Ese 14:22

Esegiël 6:9

Voetnote

  • *

    Of “onsedelike”.

Kruisverwysings

  • +De 30:1, 2; Ps 137:1
  • +Ps 78:40, 41; Jes 63:10
  • +Nu 15:39
  • +Ese 20:43; 36:31

Indekse

  • Navorsingsgids

    Rein aanbidding, bl. 98, 99-100

Esegiël 6:10

Kruisverwysings

  • +Ese 33:29; Da 9:12; Sag 1:6

Esegiël 6:11

Kruisverwysings

  • +Jer 15:2; 16:4; Ese 5:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 13

Esegiël 6:12

Kruisverwysings

  • +Ese 5:13

Esegiël 6:13

Voetnote

  • *

    Of “’n rustige geur”.

Kruisverwysings

  • +Ese 12:15
  • +Jer 8:2
  • +Ese 20:28

Esegiël 6:14

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 13

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eseg. 6:4Jes 27:9
Eseg. 6:4Le 26:30
Eseg. 6:5Jer 8:1, 2
Eseg. 6:6Jer 2:15; 32:29; Mi 3:12
Eseg. 6:6Ese 16:39
Eseg. 6:7Jer 14:18
Eseg. 6:7Ese 7:4
Eseg. 6:8Jer 30:10; 44:28; Ese 14:22
Eseg. 6:9De 30:1, 2; Ps 137:1
Eseg. 6:9Ps 78:40, 41; Jes 63:10
Eseg. 6:9Nu 15:39
Eseg. 6:9Ese 20:43; 36:31
Eseg. 6:10Ese 33:29; Da 9:12; Sag 1:6
Eseg. 6:11Jer 15:2; 16:4; Ese 5:12
Eseg. 6:12Ese 5:13
Eseg. 6:13Ese 12:15
Eseg. 6:13Jer 8:2
Eseg. 6:13Ese 20:28
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Esegiël 6:1-14

Esegiël

6 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, draai jou gesig na die berge van Israel en profeteer teen hulle. 3 Jy moet sê: ‘O berge van Israel, hoor die woord van die Soewereine Heer Jehovah: Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir die berge, vir die heuwels, vir die strome en vir die valleie sê: “Kyk! Ek sal ’n swaard teen julle bring, en ek sal julle offerhoogtes vernietig. 4 Julle altare sal afgebreek word en julle reukwerkstaanders sal gebreek word,+ en ek sal julle lyke voor julle walglike afgode* gooi.+ 5 Ek sal die lyke van die Israeliete voor hulle walglike afgode gooi, en ek sal al julle beendere rondom julle altare strooi.+ 6 Op al die plekke waar julle woon, sal die stede verwoes word+ en die offerhoogtes afgebreek en verwoes word.+ Julle altare sal afgebreek en stukkend geslaan word, julle walglike afgode sal vergaan, julle reukwerkstaanders sal afgebreek word en die werke van julle hande sal uitgewis word. 7 En dié wat doodgemaak is, sal tussen julle val,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+

8 “‘“Maar ek sal ’n oorblyfsel laat oorbly, want party sal wegkom van die swaard wanneer julle in die lande verstrooi word.+ 9 En dié wat wegkom, sal aan my dink wanneer hulle tussen die nasies is waar hulle gevange geneem is.+ Hulle sal besef dat my hart gebreek was omdat hulle ontroue* hart van my weggedraai het+ en hulle oë vol verlange na hulle walglike afgode gekyk het.+ Hulle sal skaam kry oor al die slegte en afskuwelike dinge wat hulle gedoen het, en hulle sal dit afstootlik vind.+ 10 Hulle sal moet weet dat ek Jehovah is en dat dit nie net leë dreigemente was toe ek gesê het dat ek hierdie rampspoed oor hulle sal bring nie.”’+

11 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Klap jou hande en stamp met jou voet en kla oor al die slegte en afskuwelike dinge wat die huis van Israel gedoen het, want hulle sal doodgaan deur die swaard, deur hongersnood en deur vreeslike siektes.+ 12 Die een wat ver weg is, sal deur vreeslike siektes doodgaan, die een wat naby is, sal deur die swaard doodgaan en hy wat van hierdie dinge wegkom en oorbly, sal deur hongersnood doodgaan, totdat my woede teen hulle bedaar het.+ 13 En julle sal moet weet dat ek Jehovah is+ wanneer hulle lyke tussen hulle walglike afgode lê, rondom hulle altare,+ op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe, onder elke blaarryke boom en onder die takke van groot bome, oral waar hulle lekkerruik-offerandes* aan al hulle walglike afgode geoffer het.+ 14 Ek sal my hand teen hulle uitsteek en die land verwoes. Al die plekke waar hulle woon, sal meer verlate wees as die wildernis naby Dibla. En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel