Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Samuel 15
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 1 Samuel

      • Saul is ongehoorsaam en spaar Agag se lewe (1-9)

      • Samuel wys Saul tereg (10-23)

        • “Om gehoorsaam te wees, is beter as ’n offerande” (22)

      • Saul as koning verwerp (24-29)

      • Samuel maak Agag dood (30-35)

1 Samuel 15:1

Kruisverwysings

  • +1Sa 9:16; 10:1
  • +1Sa 12:14

1 Samuel 15:2

Kruisverwysings

  • +Eks 17:8; Nu 24:20; De 25:17, 18

1 Samuel 15:3

Voetnote

  • *

    Of “genade aan hulle betoon nie”.

Kruisverwysings

  • +Eks 17:14; De 25:19; 1Kr 4:43
  • +Le 27:29; 1Sa 15:18
  • +De 9:1, 3
  • +De 13:17; Jos 6:18

1 Samuel 15:4

Kruisverwysings

  • +1Sa 11:8; 13:15

1 Samuel 15:5

Voetnote

  • *

    Of “wadi”. Sien Woordelys.

1 Samuel 15:6

Kruisverwysings

  • +Nu 10:29, 32; 24:21; Rig 1:16
  • +Ge 18:25; 19:12, 13; Jos 6:17
  • +Eks 18:9, 12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2005/3/15, bl. 22-23

1 Samuel 15:7

Kruisverwysings

  • +De 25:19; 1Sa 14:47, 48
  • +Ge 25:17, 18
  • +1Sa 27:8

1 Samuel 15:8

Kruisverwysings

  • +1Sa 15:33
  • +Le 27:29; 1Sa 15:3

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1992/7/15, bl. 5

1 Samuel 15:9

Voetnote

  • *

    Of “het genade aan Agag betoon”.

Kruisverwysings

  • +Jos 7:12

1 Samuel 15:11

Voetnote

  • *

    Of “bedroef”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 13:13; 15:3
  • +1Sa 16:1

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1998/4/15, bl. 6-7

1 Samuel 15:12

Kruisverwysings

  • +Jos 15:20, 55
  • +2Sa 18:18

1 Samuel 15:14

Kruisverwysings

  • +1Sa 15:3

1 Samuel 15:16

Kruisverwysings

  • +1Sa 15:10, 11

1 Samuel 15:17

Kruisverwysings

  • +1Sa 9:21; 10:22
  • +1Sa 9:16; 10:1

1 Samuel 15:18

Kruisverwysings

  • +1Sa 15:3
  • +De 25:19

1 Samuel 15:19

Kruisverwysings

  • +De 13:17; 1Sa 15:9

1 Samuel 15:20

Kruisverwysings

  • +Le 27:29; De 7:16; 1Sa 15:3, 9

1 Samuel 15:21

Kruisverwysings

  • +1Sa 15:15

1 Samuel 15:22

Kruisverwysings

  • +Jes 1:11
  • +Spr 21:3; Ho 6:6; Mr 12:33
  • +Le 3:16

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2007/6/15, bl. 26-28

1 Samuel 15:23

Voetnote

  • *

    Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.

  • *

    Lett. “terafim-beelde”, d.w.s. huisgode.

Kruisverwysings

  • +1Sa 12:15
  • +Le 20:6; De 18:10, 12; 1Kr 10:13
  • +1Sa 15:3
  • +1Sa 13:14; 16:1; Han 13:22

1 Samuel 15:25

Kruisverwysings

  • +1Sa 15:30

1 Samuel 15:26

Kruisverwysings

  • +1Sa 13:14; 16:1

1 Samuel 15:28

Kruisverwysings

  • +1Sa 13:14; 16:12, 13; Han 13:22

1 Samuel 15:29

Voetnote

  • *

    Of “spyt voel”.

  • *

    Of “spyt voel”.

Kruisverwysings

  • +1Kr 29:11
  • +Tit 1:2; Heb 6:18
  • +Nu 23:19

1 Samuel 15:30

Kruisverwysings

  • +1Sa 15:25

1 Samuel 15:32

Voetnote

  • *

    Of moontlik “vol vertroue”.

  • *

    Lett. “Die bitterheid van die dood is sekerlik verby”.

1 Samuel 15:33

Kruisverwysings

  • +Eks 17:14; De 25:19; 1Sa 15:3

1 Samuel 15:35

Kruisverwysings

  • +1Sa 16:1
  • +1Sa 15:11

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1998/4/15, bl. 6-7

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

1 Sam. 15:11Sa 9:16; 10:1
1 Sam. 15:11Sa 12:14
1 Sam. 15:2Eks 17:8; Nu 24:20; De 25:17, 18
1 Sam. 15:3Eks 17:14; De 25:19; 1Kr 4:43
1 Sam. 15:3Le 27:29; 1Sa 15:18
1 Sam. 15:3De 9:1, 3
1 Sam. 15:3De 13:17; Jos 6:18
1 Sam. 15:41Sa 11:8; 13:15
1 Sam. 15:6Nu 10:29, 32; 24:21; Rig 1:16
1 Sam. 15:6Ge 18:25; 19:12, 13; Jos 6:17
1 Sam. 15:6Eks 18:9, 12
1 Sam. 15:7De 25:19; 1Sa 14:47, 48
1 Sam. 15:7Ge 25:17, 18
1 Sam. 15:71Sa 27:8
1 Sam. 15:81Sa 15:33
1 Sam. 15:8Le 27:29; 1Sa 15:3
1 Sam. 15:9Jos 7:12
1 Sam. 15:111Sa 13:13; 15:3
1 Sam. 15:111Sa 16:1
1 Sam. 15:12Jos 15:20, 55
1 Sam. 15:122Sa 18:18
1 Sam. 15:141Sa 15:3
1 Sam. 15:161Sa 15:10, 11
1 Sam. 15:171Sa 9:21; 10:22
1 Sam. 15:171Sa 9:16; 10:1
1 Sam. 15:181Sa 15:3
1 Sam. 15:18De 25:19
1 Sam. 15:19De 13:17; 1Sa 15:9
1 Sam. 15:20Le 27:29; De 7:16; 1Sa 15:3, 9
1 Sam. 15:211Sa 15:15
1 Sam. 15:22Jes 1:11
1 Sam. 15:22Spr 21:3; Ho 6:6; Mr 12:33
1 Sam. 15:22Le 3:16
1 Sam. 15:231Sa 12:15
1 Sam. 15:23Le 20:6; De 18:10, 12; 1Kr 10:13
1 Sam. 15:231Sa 15:3
1 Sam. 15:231Sa 13:14; 16:1; Han 13:22
1 Sam. 15:251Sa 15:30
1 Sam. 15:261Sa 13:14; 16:1
1 Sam. 15:281Sa 13:14; 16:12, 13; Han 13:22
1 Sam. 15:291Kr 29:11
1 Sam. 15:29Tit 1:2; Heb 6:18
1 Sam. 15:29Nu 23:19
1 Sam. 15:301Sa 15:25
1 Sam. 15:33Eks 17:14; De 25:19; 1Sa 15:3
1 Sam. 15:351Sa 16:1
1 Sam. 15:351Sa 15:11
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
  • 35
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
1 Samuel 15:1-35

Die eerste boek van Samuel

15 Toe het Samuel vir Saul gesê: “Jehovah het my gestuur om jou te salf as koning oor sy volk Israel.+ Luister nou na wat Jehovah sê.+ 2 Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘Ek sal die Amalekiete straf omdat hulle Israel aangeval het toe Israel uit Egipte gekom het.+ 3 Gaan nou, en verslaan die Amalekiete+ en vernietig hulle+ en alles wat hulle het. Jy mag nie hulle lewe spaar nie.* Jy moet man sowel as vrou doodmaak,+ kind sowel as baba, bul sowel as skaap, kameel sowel as donkie.’”+ 4 Saul het die manne opgeroep en hulle in Telaʹim getel. Daar was 200 000 voetsoldate en 10 000 manne van Juda.+

5 Saul het tot by die stad van Aʹmalek gekom en manne in die vallei* laat wegkruip om die Amalekiete aan te val. 6 Toe het Saul vir die Keniete+ gesê: “Gaan weg van die Amalekiete af, sodat ek julle nie saam met hulle wegvee nie,+ want julle het lojale liefde aan al die Israeliete betoon+ toe hulle uit Egipte gekom het.” Die Keniete het dus van die Amalekiete af weggegaan. 7 Daarna het Saul die Amalekiete+ verslaan van Haʹwila+ af tot by Sur,+ wat langs Egipte is. 8 Hy het Agag,+ die koning van Aʹmalek, lewend gevang, maar hy het al die ander mense met die swaard doodgemaak.+ 9 Maar Saul en die manne het Agag gespaar,* sowel as die beste van die kleinvee, die beeste, die vetgemaakte diere, die skaapramme en alles wat goed was.+ Hulle wou dit nie vernietig nie. Maar hulle het alles vernietig wat waardeloos was en wat niemand wou hê nie.

10 Toe het Jehovah vir Samuel gesê: 11 “Ek is spyt* dat ek Saul koning gemaak het, want hy het opgehou om my te volg en het nie gedoen wat ek gesê het nie.”+ Samuel het baie ontsteld geword, en hy het die hele nag lank tot Jehovah geroep.+ 12 Toe Samuel vroeg die oggend opstaan om Saul te ontmoet, is daar vir Samuel gesê: “Saul het na Karmel+ gegaan, en hy het vir hom ’n monument daar opgerig.+ Toe het hy omgedraai en na Gilgal gegaan.” 13 Toe Samuel uiteindelik by Saul kom, het Saul vir hom gesê: “Mag Jehovah u seën. Ek het gedoen wat Jehovah gesê het.” 14 Maar Samuel het gevra: “Wat is hierdie geluid van kleinvee in my ore dan, en die geluid van beeste wat ek hoor?”+ 15 Saul het geantwoord: “Hulle is van die Amalekiete af gebring, want die manne het die beste van die kleinvee en die beeste gespaar om dit aan Jehovah u God te offer, maar ons het alles vernietig wat oorgebly het.” 16 Toe het Samuel vir Saul gesê: “Dis genoeg! Kom ek sê vir jou wat Jehovah gisteraand vir my gesê het.”+ Toe het hy vir hom gesê: “Vertel my!”

17 Samuel het verder gesê: “Het jy nie min van jouself gedink+ toe jy hoof van die stamme van Israel geword het en toe Jehovah jou as koning oor Israel gesalf het nie?+ 18 Later het Jehovah vir jou ’n opdrag gegee en gesê: ‘Gaan vernietig die sondige Amalekiete.+ Veg teen hulle totdat jy hulle uitgeroei het.’+ 19 Hoekom het jy dan nie Jehovah se stem gehoorsaam nie? Jy het eerder gulsig op die vyande se besittings afgepyl+ en gedoen wat sleg is in Jehovah se oë!”

20 Saul het egter vir Samuel gesê: “Maar ek hét Jehovah se stem gehoorsaam! Ek het gegaan soos Jehovah vir my gesê het, en ek het Agag, die koning van Aʹmalek, saamgebring, en ek het die Amalekiete vernietig.+ 21 Maar die manne het die beste skape en beeste wat vernietig moes word, geneem om in Gilgal+ aan Jehovah u God te offer.”

22 Samuel het toe gesê: “Wat gee Jehovah meer vreugde: brandoffers en offerandes+ of gehoorsaamheid aan Jehovah? Om gehoorsaam te wees, is beter as ’n offerande,+ en om aandag te skenk, is beter as die vet+ van skaapramme. 23 Want opstandigheid+ is dieselfde as die sonde van waarsêery,+ en om vermetel* op te tree, is dieselfde as om toorkrag te gebruik en afgode* te dien. Omdat jy die woord van Jehovah verwerp het,+ het hy jou as koning verwerp.”+

24 Toe het Saul vir Samuel gesê: “Ek het gesondig, want ek was nie gehoorsaam aan Jehovah se bevel en aan u woorde nie, want ek was bang vir die manne en het na hulle geluister. 25 Vergewe nou asseblief my sonde en gaan saam met my terug sodat ek voor Jehovah kan neerbuig.”+ 26 Maar Samuel het vir Saul gesê: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie, want jy het die woord van Jehovah verwerp, en Jehovah het jou verwerp. Daarom sal jy nie as koning oor Israel bly regeer nie.”+ 27 Toe Samuel omdraai om te gaan, het Saul die soom van Samuel se moulose oorkleed gegryp, maar dit het afgeskeur. 28 Toe het Samuel vir hom gesê: “Vandag het Jehovah die koningskap oor Israel van jou af weggeskeur, en hy sal dit aan iemand gee wat beter is as jy.+ 29 En die glorieryke God van Israel+ sal nie leuens vertel+ of van gedagte verander* nie, want Hy is nie soos ’n mens wat van gedagte verander* nie.”+

30 Toe het hy gesê: “Ek het gesondig. Maar eer my asseblief voor die ouermanne van my volk en voor Israel. Gaan saam met my terug, en ek sal voor Jehovah u God neerbuig.”+ 31 Toe het Samuel teruggegaan agter Saul aan, en Saul het voor Jehovah neergebuig. 32 Daarna het Samuel gesê: “Bring Agag, die koning van Aʹmalek, na my toe.” Toe het Agag huiwerig* na hom toe gegaan, want Agag het net tevore vir homself gesê: ‘My lewe is sekerlik nie meer in gevaar nie.’* 33 Maar Samuel het gesê: “Net soos jou swaard vrouens kinderloos gemaak het, so sal jou ma kinderloos word.” Toe het Samuel Agag in stukke gekap voor Jehovah in Gilgal.+

34 Samuel het toe na Rama gegaan, en Saul het na sy eie huis in Giʹbea gegaan. 35 Samuel het Saul tot die dag van sy dood nie weer gesien nie, want Samuel het oor Saul+ getreur. En Jehovah was spyt dat hy Saul koning oor Israel gemaak het.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel