Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Genesis 16
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Genesis

      • Hagar en Ismael (1-16)

Genesis 16:1

Kruisverwysings

  • +Ge 15:2, 3
  • +Ga 4:25

Genesis 16:2

Kruisverwysings

  • +Ge 30:1, 3

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 5 2017, bl. 12-13

    Die Wagtoring,

    2004/1/15, bl. 27

Genesis 16:4

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 5 2017, bl. 13-14

Genesis 16:5

Voetnote

  • *

    Lett. “aan jou boesem oorgegee”.

Genesis 16:6

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 5 2017, bl. 13-14

Genesis 16:7

Kruisverwysings

  • +Ge 25:17, 18; Eks 15:22

Genesis 16:10

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Ge 17:20; 25:13-16; 1Kr 1:29-31

Genesis 16:11

Voetnote

  • *

    Beteken “God hoor”.

Genesis 16:12

Voetnote

  • *

    Of “’n onager”, ’n soort wilde donkie, hoewel party dink dat dit na ’n sebra verwys. Dit dui moontlik op ’n onafhanklike gees.

  • *

    Of moontlik “en daar sal vyandskap tussen hom en sy broers wees”.

Genesis 16:13

Kruisverwysings

  • +Spr 15:3

Genesis 16:14

Voetnote

  • *

    Beteken “put van die Een wat lewe en wat my sien”.

Genesis 16:15

Kruisverwysings

  • +Ge 21:9; Ga 4:22, 24

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Gen. 16:1Ge 15:2, 3
Gen. 16:1Ga 4:25
Gen. 16:2Ge 30:1, 3
Gen. 16:7Ge 25:17, 18; Eks 15:22
Gen. 16:10Ge 17:20; 25:13-16; 1Kr 1:29-31
Gen. 16:13Spr 15:3
Gen. 16:15Ge 21:9; Ga 4:22, 24
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Genesis 16:1-16

Genesis

16 En Sarai, Abram se vrou, kon vir hom geen kinders gee nie,+ maar sy het ’n Egiptiese diensmeisie gehad met die naam Hagar.+ 2 Sarai het dus vir Abram gesê: “Luister asseblief! Jehovah het my nie toegelaat om kinders te hê nie. Slaap asseblief by my diensmeisie. Miskien kan ek deur middel van haar kinders kry.”+ En Abram het na Sarai geluister. 3 Nadat Abram tien jaar lank in die land Kanaän gewoon het, het sy vrou, Sarai, haar Egiptiese diensmeisie Hagar vir haar man, Abram, as vrou gegee. 4 Toe het hy seksuele omgang met Hagar gehad, en sy het swanger geword. Toe sy besef dat sy swanger is, het sy op haar meesteres begin neersien.

5 Sarai het vir Abram gesê: “Dit is jou skuld dat ek so sleg behandel word. Ek het my diensmeisie vir jou gegee,* maar toe sy besef dat sy swanger is, het sy op my begin neersien. Mag Jehovah tussen my en jou oordeel.” 6 Abram het dus vir Sarai gesê: “Sy is jou diensmeisie. Doen met haar wat jy ook al goeddink.” Toe het Sarai haar verneder, en Hagar het van haar af weggevlug.

7 Later het Jehovah se engel haar by ’n waterfontein in die wildernis gevind, die fontein op pad na Sur.+ 8 En hy het gevra: “Hagar, diensmeisie van Sarai, waar kom jy vandaan en waarheen is jy op pad?” Toe het sy gesê: “Ek het van my meesteres, Sarai, af weggevlug.” 9 Jehovah se engel het toe vir haar gesê: “Gaan terug na jou meesteres en wees onderdanig aan haar.” 10 Toe het Jehovah se engel gesê: “Ek sal jou nageslag* grootliks vermeerder, en hulle sal te veel wees om te tel.”+ 11 Jehovah se engel het bygevoeg: “Jy is swanger, en jy sal geboorte gee aan ’n seun, en jy moet hom Isʹmael* noem, want Jehovah het gehoor dat jy swaarkry. 12 Hy sal soos ’n wildedonkie* wees. Hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees, en hy sal oorkant al sy broers woon.”*

13 Toe het sy die naam van Jehovah, wat met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is ’n God wat sien.”+ En sy het gesê: “Het ek regtig hier die Een gesien wat my sien?” 14 Daarom is die put Beër-Lahai-Roï* genoem. (Dit is tussen Kades en Bered.) 15 Later het Hagar aan ’n seun geboorte gegee vir Abram, en Abram het sy seun Isʹmael+ genoem. 16 Abram was 86 jaar oud toe Hagar aan Isʹmael geboorte gegee het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel