Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 25
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Deuteronomium

      • Slaan van oortreders (1-3)

      • Moenie bul se bek toebind nie (4)

      • Swaershuwelik (5-10)

      • Straf vir gryp van geslagsdele gedurende gevegte (11, 12)

      • Eerlike gewigte en maathouers (13-16)

      • Amalekiete moet vernietig word (17-19)

Deuteronomium 25:1

Kruisverwysings

  • +De 16:18; 17:8, 9; 19:16, 17
  • +Eks 23:6; 2Kr 19:6; Spr 17:15; 31:9

Deuteronomium 25:2

Kruisverwysings

  • +Spr 10:13; 20:30; 26:3; Lu 12:48; Heb 2:2

Deuteronomium 25:3

Kruisverwysings

  • +2Kor 11:24

Deuteronomium 25:4

Kruisverwysings

  • +Spr 12:10; 1Kor 9:9; 1Ti 5:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2012/5/1, bl. 30

    1989/5/1, bl. 17

Deuteronomium 25:5

Kruisverwysings

  • +Ge 38:7, 8; Rut 4:5; Mr 12:19

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nuwe Wêreld-vertaling (nwt), bl. 1830

Deuteronomium 25:6

Kruisverwysings

  • +Ge 38:9; Rut 4:10, 17
  • +Nu 27:1, 4

Deuteronomium 25:9

Kruisverwysings

  • +Rut 4:7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2004/9/15, bl. 26

Deuteronomium 25:10

Voetnote

  • *

    Of “die naam van sy huisgesin”. Lett. “sy naam”.

Deuteronomium 25:12

Voetnote

  • *

    Lett. “Jou oog”.

Deuteronomium 25:13

Kruisverwysings

  • +Spr 11:1; 20:10; Mi 6:11

Deuteronomium 25:14

Voetnote

  • *

    Lett. “’n efa en ’n efa”. Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +Le 19:36

Deuteronomium 25:15

Kruisverwysings

  • +De 4:40

Deuteronomium 25:16

Kruisverwysings

  • +Le 19:35

Deuteronomium 25:17

Kruisverwysings

  • +Eks 17:8; Nu 24:20

Deuteronomium 25:19

Kruisverwysings

  • +Jos 22:4
  • +Eks 17:14; 1Sa 14:47, 48; 15:1-3; 1Kr 4:42, 43

Indekse

  • Navorsingsgids

    Volg hulle geloof na, bl. 144

    Die Wagtoring,

    2012/1/1, bl. 29

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Deut. 25:1De 16:18; 17:8, 9; 19:16, 17
Deut. 25:1Eks 23:6; 2Kr 19:6; Spr 17:15; 31:9
Deut. 25:2Spr 10:13; 20:30; 26:3; Lu 12:48; Heb 2:2
Deut. 25:32Kor 11:24
Deut. 25:4Spr 12:10; 1Kor 9:9; 1Ti 5:18
Deut. 25:5Ge 38:7, 8; Rut 4:5; Mr 12:19
Deut. 25:6Ge 38:9; Rut 4:10, 17
Deut. 25:6Nu 27:1, 4
Deut. 25:9Rut 4:7
Deut. 25:13Spr 11:1; 20:10; Mi 6:11
Deut. 25:14Le 19:36
Deut. 25:15De 4:40
Deut. 25:16Le 19:35
Deut. 25:17Eks 17:8; Nu 24:20
Deut. 25:19Jos 22:4
Deut. 25:19Eks 17:14; 1Sa 14:47, 48; 15:1-3; 1Kr 4:42, 43
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Deuteronomium 25:1-19

Deuteronomium

25 “As daar ’n saak is waaroor manne nie saamstem nie, kan hulle na die regters gaan,+ en hulle sal hulle oordeel en die regverdige onskuldig verklaar en die goddelose skuldig verklaar.+ 2 As die goddelose persoon verdien om geslaan te word,+ moet die regter hom uitgestrek laat lê, en hy sal voor die regter geslaan word. Die aantal houe moet ooreenstem met die goddeloosheid van sy daad. 3 Hy mag hom tot 40 houe gee,+ maar nie meer nie. As hy hom meer houe as dit gee, sal jou broer voor jou verneder word.

4 “Jy mag nie ’n bul se bek toebind wanneer hy op die dorsvloer werk nie.+

5 “As broers bymekaar woon en een van hulle sterf sonder dat hy ’n seun het, moet die vrou van die dooie man nie met iemand buite die familie trou nie. Haar swaer moet na haar toe gaan, haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit.+ 6 Haar eersgeborene sal die naam van die dooie broer laat voortleef,+ sodat sy naam nie uit Israel uitgewis word nie.+

7 “En as die man nie met sy broer se weduwee wil trou nie, moet sy broer se weduwee na die ouermanne by die stadspoort gaan en sê: ‘My man se broer het geweier om sy broer se naam in Israel te laat voortbestaan. Hy wou nie die swaershuwelik met my sluit nie.’ 8 Die ouermanne van sy stad moet hom roep en met hom praat. As hy bly weier en sê: ‘Ek wil nie met haar trou nie,’ 9 dan moet sy broer se weduwee voor die ouermanne na hom toe gaan, sy sandaal van sy voet aftrek,+ in sy gesig spoeg en sê: ‘Dit is wat gedoen moet word met die man wat sy broer se huis nie wil opbou nie.’ 10 Daarna sal sy familie* in Israel bekend staan as: ‘Die huis van die een wie se sandaal uitgetrek is.’

11 “As twee mans met mekaar baklei en die vrou van die een haar man probeer help en sy haar hand uitsteek en die aanvaller aan sy geslagsdele gryp, 12 dan moet jy haar hand afkap. Jy* moenie jammer voel nie.

13 “Jy mag nie vir dieselfde gewig twee verskillende weegstene,+ ’n grote en ’n kleintjie, in jou sak hê nie. 14 Jy mag nie vir dieselfde maat twee verskillende maathouers,*+ ’n grote en ’n kleintjie, in jou huis hê nie. 15 Jy moet ’n akkurate en eerlike gewig en ’n akkurate en eerlike maathouer hê, sodat jy lank sal lewe in die land wat Jehovah jou God aan jou gee.+ 16 Want elke oneerlike persoon wat sulke dinge doen, is afskuwelik vir Jehovah jou God.+

17 “Onthou wat Aʹmalek op die pad aan julle gedoen het toe julle uit Egipte gekom het,+ 18 hoe hy dié van julle wat agtergeraak het, op die pad aangeval het terwyl julle moeg en uitgeput was. Hy het God nie gevrees nie. 19 Wanneer Jehovah julle God julle rus gegee het van al die vyande om julle in die land wat Jehovah julle God julle as ’n erfdeel gee om te besit,+ moet julle seker maak dat niemand onder die hemel Aʹmalek sal onthou nie.+ Julle moet dit nie vergeet nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel