Job
13 “Ja, ek het dit alles gesien.
Ek het dit gehoor en verstaan.
2 Wat julle weet, weet ek ook.
Julle is nie beter as ek nie.
3 Ek sou eerder met die Almagtige self wou praat.
Ek wil my saak aan God stel.+
4 Maar julle versprei leuens oor my.
Julle is almal nikswerd dokters.+
5 As julle maar net wou stilbly!
Dit sou toon dat julle wys is.+
6 Luister asseblief na my argumente,
en skenk aandag aan my smekinge.
7 Sal julle onregverdige dinge in God se naam sê?
En sal julle bedrieglik praat in sy naam?
Wil julle die ware God probeer verdedig?
9 Wat sal van julle word as hy julle ondersoek?+
Sal julle hom kan flous soos julle ’n mens flous?
11 Sal sy grootheid julle nie bang maak nie,
en sal vrees vir hom nie oor julle kom nie?
12 Julle wyse woorde is soos as.
Julle verdediging is so breekbaar soos klei.
13 Bly stil sodat ek kan praat.
Ek is bereid om die gevolge daarvan te dra!
14 Hoekom waag ek my lewe
en stel ek dit in gevaar?
15 Selfs al wil hy my doodmaak, sal ek op hom wag.+
Ek sal my saak aan hom stel.
17 Luister mooi na my woorde.
Skenk aandag aan wat ek sê.
18 Kyk, ek het my regsaak voorberei.
Ek weet dat ek reg is.
19 Wie kan met my stry?
Ek sal doodgaan as ek moet stilbly!*
20 Ek wil net twee dinge van u vra, o God,
sodat ek nie vir u hoef weg te kruip nie:
22 Roep en ek sal antwoord,
of laat my praat, en antwoord my.
23 Watter oortredings en sondes het ek gepleeg?
Sê vir my wat ek verkeerd gedoen het en hoe ek gesondig het.
25 Wil u ’n blaar wat rondgewaai word, bang maak,
of ’n grasstoppel agternasit?
26 Want u hou aan om beskuldigings teen my op te skryf,
en u straf my vir die sondes van my jeug.
27 U het my voete in die blok gesit.
U ondersoek al my paaie,
en u kyk na elke tree wat ek gegee het.