Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Kronieke 15
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Kronieke

      • Asa bevorder ware aanbidding (1-19)

2 Kronieke 15:2

Kruisverwysings

  • +Jak 4:8
  • +Jes 55:6
  • +1Kr 28:9; Heb 10:38

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2012/8/15, bl. 9-10

2 Kronieke 15:3

Kruisverwysings

  • +De 33:8, 10; 2Kr 17:8, 9; Mal 2:7

2 Kronieke 15:4

Kruisverwysings

  • +Ps 106:43, 44; Jes 55:7

2 Kronieke 15:5

Voetnote

  • *

    Lett. “was daar geen vrede vir die een wat uitgaan of vir die een wat inkom nie”.

2 Kronieke 15:6

Kruisverwysings

  • +De 28:15, 48

2 Kronieke 15:7

Voetnote

  • *

    Lett. “julle moet julle hande nie laat sak nie”.

Kruisverwysings

  • +Jos 1:9; 1Kr 28:20

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2012/8/15, bl. 9

2 Kronieke 15:8

Kruisverwysings

  • +2Kn 23:24
  • +2Kr 8:12

2 Kronieke 15:9

Kruisverwysings

  • +2Kr 11:16; 30:25

2 Kronieke 15:12

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +De 4:29; 2Kn 23:3; Ne 10:28, 29

2 Kronieke 15:13

Kruisverwysings

  • +Eks 22:20

2 Kronieke 15:15

Kruisverwysings

  • +2Kr 15:2
  • +Spr 16:7

2 Kronieke 15:16

Voetnote

  • *

    Of “as dame”.

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +1Kn 15:9, 10
  • +De 13:6-9
  • +1Kn 15:13, 14

2 Kronieke 15:17

Voetnote

  • *

    Of “Nogtans was Asa se hart al sy dae volkome”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:22, 23; 2Kn 14:3, 4; 23:19, 20
  • +1Kn 22:43
  • +1Kn 8:61

2 Kronieke 15:18

Kruisverwysings

  • +1Kn 7:51; 15:15; 1Kr 26:26

2 Kronieke 15:19

Kruisverwysings

  • +2Kr 14:1

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Kron. 15:2Jak 4:8
2 Kron. 15:2Jes 55:6
2 Kron. 15:21Kr 28:9; Heb 10:38
2 Kron. 15:3De 33:8, 10; 2Kr 17:8, 9; Mal 2:7
2 Kron. 15:4Ps 106:43, 44; Jes 55:7
2 Kron. 15:6De 28:15, 48
2 Kron. 15:7Jos 1:9; 1Kr 28:20
2 Kron. 15:82Kn 23:24
2 Kron. 15:82Kr 8:12
2 Kron. 15:92Kr 11:16; 30:25
2 Kron. 15:12De 4:29; 2Kn 23:3; Ne 10:28, 29
2 Kron. 15:13Eks 22:20
2 Kron. 15:152Kr 15:2
2 Kron. 15:15Spr 16:7
2 Kron. 15:161Kn 15:9, 10
2 Kron. 15:16De 13:6-9
2 Kron. 15:161Kn 15:13, 14
2 Kron. 15:171Kn 14:22, 23; 2Kn 14:3, 4; 23:19, 20
2 Kron. 15:171Kn 22:43
2 Kron. 15:171Kn 8:61
2 Kron. 15:181Kn 7:51; 15:15; 1Kr 26:26
2 Kron. 15:192Kr 14:1
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Kronieke 15:1-19

Die tweede boek van Kronieke

15 Die gees van God het oor Asarʹja, die seun van Oded, gekom. 2 Hy het toe na Asa gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Jehovah is aan julle kant solank julle aan sy kant bly.+ En as julle hom soek, sal hy sorg dat julle hom vind,+ maar as julle hom verlaat, sal hy julle verlaat.+ 3 Israel was lank sonder die ware God, sonder ’n priester wat hulle onderrig en sonder wette.+ 4 Maar wanneer hulle in die moeilikheid was en na Jehovah, die God van Israel, teruggekeer het en hom gesoek het, het hy hom deur hulle laat vind.+ 5 In daardie tyd was dit nie veilig om te reis nie,* want daar was baie onrus onder al die inwoners van die lande. 6 Die een nasie het die ander nasie verslaan, en die een stad die ander, want God het hulle allerhande probleme laat ondervind sodat daar geen orde was nie.+ 7 Maar julle moet sterk wees, en julle moenie mismoedig word nie,*+ want julle sal beloon word vir julle dade.”

8 Toe Asa hierdie woorde en die profesie van die profeet Oded hoor, het dit hom moed gegee, en hy het die walglike afgode verwyder uit die hele land van Juda+ en Benjamin en uit die stede wat hy in die bergstreek van Eʹfraim ingeneem het. En hy het Jehovah se altaar herstel wat voor die portaal van Jehovah was.+ 9 Hy het ook die hele Juda en Benjamin bymekaargeroep, asook die uitlanders onder hulle wat van Eʹfraim, Manasʹse en Siʹmeon gekom het.+ Baie van hulle het van Israel na Asa oorgeloop toe hulle sien dat Jehovah sy God met hom is. 10 Hulle is in Jerusalem bymekaargebring in die derde maand van Asa se 15de regeringsjaar. 11 Op daardie dag het hulle 700 beeste en 7 000 skape aan Jehovah geoffer uit die buit wat hulle in die oorlog geneem het. 12 Hulle het ook deur middel van ’n verbond belowe om Jehovah, die God van hulle voorvaders, met hulle hele hart en met hulle hele siel* te dien+ 13 en dat enigiemand wat Jehovah, die God van Israel, nie dien nie, doodgemaak sal word, hetsy klein of groot, man of vrou.+ 14 Toe het hulle met ’n harde stem, met vreugdevolle uitroepe en met trompette en horings ’n eed aan Jehovah afgelê. 15 En die hele Juda was bly oor die eed, want hulle het die eed afgelê met hulle hele hart en het hom gretig gesoek, en hy het hom deur hulle laat vind.+ En Jehovah het hulle rus gegee van hulle vyande om hulle.+

16 Koning Asa het selfs sy ouma Maʹäga+ uit haar posisie as koningin-moeder* verwyder omdat sy ’n afstootlike afgod gemaak het vir die aanbidding van die heilige paal.*+ Asa het haar afstootlike afgod afgekap, dit in stukkies gekap en dit in die Kidron-vallei verbrand.+ 17 Maar die offerhoogtes is nie uit Israel+ verwyder nie.+ Asa het God nogtans sy hele lewe lank met sy hele hart gedien.*+ 18 En hy het die dinge wat hy en sy pa geheilig het, in die huis van die ware God ingebring: silwer, goud en allerhande voorwerpe.+ 19 Daar was geen oorlog tot Asa se 35ste regeringsjaar nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel