Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Konings 15
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 1 Konings

      • Abiam, koning van Juda (1-8)

      • Asa, koning van Juda (9-24)

      • Nadab, koning van Israel (25-32)

      • Baäsa, koning van Israel (33, 34)

1 Konings 15:1

Kruisverwysings

  • +1Kn 12:20
  • +2Kr 13:1, 2

1 Konings 15:2

Kruisverwysings

  • +2Kr 11:20-22

1 Konings 15:4

Kruisverwysings

  • +2Sa 7:8, 12; Ps 89:33-37; Jes 37:35; Jer 33:20, 21
  • +1Kn 11:36; 2Kr 21:7; Ps 132:13, 17

1 Konings 15:5

Kruisverwysings

  • +2Sa 11:4, 15; Ps 51:opskrif

1 Konings 15:6

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:30; 2Kr 12:15

1 Konings 15:7

Kruisverwysings

  • +2Kr 13:22
  • +2Kr 13:3

1 Konings 15:8

Voetnote

  • *

    Lett. “is by sy vaders neergelê”.

Kruisverwysings

  • +1Kr 3:10; Mt 1:7
  • +2Kr 14:1

1 Konings 15:10

Kruisverwysings

  • +2Kr 11:21, 22

1 Konings 15:11

Kruisverwysings

  • +2Kr 14:2-5, 11; 15:17

1 Konings 15:12

Voetnote

  • *

    Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.

Kruisverwysings

  • +De 23:17, 18; 1Kn 14:24; 22:45, 46
  • +1Kn 11:7; 14:22, 23

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2012/8/15, bl. 8

1 Konings 15:13

Voetnote

  • *

    Of “as dame”.

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +2Kr 11:18, 20
  • +De 7:5; 2Kn 18:1, 4; 2Kr 34:1, 4
  • +2Sa 15:23; 2Kr 15:16-18; Joh 18:1

1 Konings 15:14

Kruisverwysings

  • +Nu 33:52; De 12:2; 1Kn 22:41, 43

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/3, bl. 19

1 Konings 15:15

Kruisverwysings

  • +1Kr 26:26, 27

1 Konings 15:16

Kruisverwysings

  • +1Kn 16:3, 12

1 Konings 15:17

Voetnote

  • *

    Of “versterk; herbou”.

Kruisverwysings

  • +Jos 18:21, 25
  • +2Kr 16:1-6

1 Konings 15:18

Kruisverwysings

  • +2Kr 16:7

1 Konings 15:19

Voetnote

  • *

    Of “verbond”.

  • *

    Of “verbond”.

1 Konings 15:20

Kruisverwysings

  • +2Kn 15:29
  • +Rig 18:29; 1Kn 12:28, 29

1 Konings 15:21

Voetnote

  • *

    Of “te versterk; te herbou”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:17; Hgl 6:4

1 Konings 15:22

Voetnote

  • *

    Of “te versterk; te herbou”.

Kruisverwysings

  • +Jos 21:8, 17
  • +Jos 18:21, 26; Rig 20:1; 1Sa 7:5; Jer 40:6

1 Konings 15:23

Voetnote

  • *

    Of “versterk; herbou”.

Kruisverwysings

  • +2Kr 16:11-14

1 Konings 15:24

Voetnote

  • *

    Lett. “is by sy vaders neergelê”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 22:42; 2Kr 17:3, 4; 18:1; 19:4; Mt 1:8

1 Konings 15:25

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:20

1 Konings 15:26

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:7, 9
  • +1Kn 12:28-30; 13:33

1 Konings 15:27

Kruisverwysings

  • +Jos 19:44, 48; 21:20, 23; 1Kn 16:15

1 Konings 15:29

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:9, 10

1 Konings 15:32

Kruisverwysings

  • +2Kr 12:15

1 Konings 15:33

Kruisverwysings

  • +1Kn 16:8

1 Konings 15:34

Kruisverwysings

  • +1Kn 16:7
  • +1Kn 12:28-30; 13:33

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

1 Kon. 15:11Kn 12:20
1 Kon. 15:12Kr 13:1, 2
1 Kon. 15:22Kr 11:20-22
1 Kon. 15:42Sa 7:8, 12; Ps 89:33-37; Jes 37:35; Jer 33:20, 21
1 Kon. 15:41Kn 11:36; 2Kr 21:7; Ps 132:13, 17
1 Kon. 15:52Sa 11:4, 15; Ps 51:opskrif
1 Kon. 15:61Kn 14:30; 2Kr 12:15
1 Kon. 15:72Kr 13:22
1 Kon. 15:72Kr 13:3
1 Kon. 15:81Kr 3:10; Mt 1:7
1 Kon. 15:82Kr 14:1
1 Kon. 15:102Kr 11:21, 22
1 Kon. 15:112Kr 14:2-5, 11; 15:17
1 Kon. 15:12De 23:17, 18; 1Kn 14:24; 22:45, 46
1 Kon. 15:121Kn 11:7; 14:22, 23
1 Kon. 15:132Kr 11:18, 20
1 Kon. 15:13De 7:5; 2Kn 18:1, 4; 2Kr 34:1, 4
1 Kon. 15:132Sa 15:23; 2Kr 15:16-18; Joh 18:1
1 Kon. 15:14Nu 33:52; De 12:2; 1Kn 22:41, 43
1 Kon. 15:151Kr 26:26, 27
1 Kon. 15:161Kn 16:3, 12
1 Kon. 15:17Jos 18:21, 25
1 Kon. 15:172Kr 16:1-6
1 Kon. 15:182Kr 16:7
1 Kon. 15:202Kn 15:29
1 Kon. 15:20Rig 18:29; 1Kn 12:28, 29
1 Kon. 15:211Kn 14:17; Hgl 6:4
1 Kon. 15:22Jos 21:8, 17
1 Kon. 15:22Jos 18:21, 26; Rig 20:1; 1Sa 7:5; Jer 40:6
1 Kon. 15:232Kr 16:11-14
1 Kon. 15:241Kn 22:42; 2Kr 17:3, 4; 18:1; 19:4; Mt 1:8
1 Kon. 15:251Kn 14:20
1 Kon. 15:261Kn 14:7, 9
1 Kon. 15:261Kn 12:28-30; 13:33
1 Kon. 15:27Jos 19:44, 48; 21:20, 23; 1Kn 16:15
1 Kon. 15:291Kn 14:9, 10
1 Kon. 15:322Kr 12:15
1 Kon. 15:331Kn 16:8
1 Kon. 15:341Kn 16:7
1 Kon. 15:341Kn 12:28-30; 13:33
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
1 Konings 15:1-34

Die eerste boek van Konings

15 In die 18de jaar van koning Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, het Abiʹam koning oor Juda geword.+ 2 Hy het drie jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Maʹäga,+ die kleindogter van Abiʹsalom. 3 Hy het dieselfde sondes as sy pa gepleeg, en hy het Jehovah sy God nie met sy hele hart gedien soos sy voorvader Dawid nie. 4 Maar ter wille van Dawid+ het Jehovah sy God hom ’n lamp in Jerusalem gegee+ deur vir hom ’n seun te gee en deur Jerusalem te laat voortbestaan. 5 Want Dawid het gedoen wat reg is in die oë van Jehovah, en hy het sy hele lewe lank nie afgewyk van enigiets wat Hy hom beveel het nie, behalwe in die geval van Uriʹa, die Hetiet.+ 6 En daar was oorlog tussen Rehaʹbeam en Jeroʹbeam, al die dae van sy lewe.+

7 En die res van die geskiedenis van Abiʹam, alles wat hy gedoen het, is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Juda.+ En daar was oorlog tussen Abiʹam en Jeroʹbeam.+ 8 Abiʹam het gesterf,* en hy is in die Stad van Dawid begrawe. En sy seun Asa+ het in sy plek koning geword.+

9 In die 20ste jaar van koning Jeroʹbeam van Israel het Asa oor Juda begin regeer. 10 Hy het 41 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ouma was Maʹäga,+ die kleindogter van Abiʹsalom. 11 Asa het gedoen wat reg is in die oë van Jehovah,+ soos sy voorvader Dawid. 12 Hy het die manlike tempelprostitute uit die land uitgedryf+ en al die walglike afgode* verwyder wat sy voorvaders gemaak het.+ 13 Hy het selfs sy ouma Maʹäga+ uit haar posisie as koningin-moeder* verwyder omdat sy ’n afstootlike afgod gemaak het vir die aanbidding van die heilige paal.* Asa het haar afstootlike afgod+ afgekap en dit in die Kidron-vallei+ verbrand. 14 Maar die offerhoogtes is nie verwyder nie.+ Asa het Jehovah nogtans sy hele lewe lank met sy hele hart gedien. 15 En hy het die dinge wat hy en sy pa geheilig het, in die huis van Jehovah ingebring: silwer, goud en allerhande voorwerpe.+

16 Daar was heeltyd oorlog tussen Asa en Baäsa,+ die koning van Israel. 17 Koning Baäsa van Israel het teen Juda opgetrek. Hy het Rama+ begin opbou* om te verhoed dat enigiemand uit die gebied van koning Asa van Juda uitgaan of daar ingaan.+ 18 Toe het Asa al die silwer en die goud geneem wat in die skatkamers van die huis van Jehovah en die skatkamers van die paleis van die koning oorgebly het en dit vir sy knegte gegee. Koning Asa het hulle toe gestuur na Ben-Hadad, die seun van Tabrimʹmon, die seun van Hesʹjon, die koning van Sirië,+ wat in Damaskus gewoon het, om te sê: 19 “Daar is ’n ooreenkoms* tussen my en u en tussen my pa en u pa. Ek stuur vir u ’n geskenk van silwer en goud. Breek u ooreenkoms* met koning Baäsa van Israel, sodat hy van my af sal wegtrek.” 20 Ben-Hadad het na koning Asa geluister en het die hoofde van sy leërmag gestuur om teen die stede van Israel te veg, en hulle het Ijon,+ Dan,+ Aʹbel-Bet-Maʹäga, die hele Kinneʹret en die hele land van Nafʹtali verower. 21 Toe Baäsa daarvan hoor, het hy onmiddellik opgehou om Rama op te bou* en in Tirsa+ gebly. 22 Koning Asa het toe die hele Juda bymekaargeroep – niemand was vrygestel nie – en hulle het die klippe en balke weggedra wat Baäsa gebruik het om Rama op te bou, en koning Asa het dit gebruik om Geba+ in Benjamin en Mispa+ op te bou.*

23 Wat die res van die geskiedenis van Asa betref, al sy magtige dade en alles wat hy gedoen het en die stede wat hy gebou* het, dit is alles opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Juda. Maar op sy oudag het hy ’n voetkwaal ontwikkel.+ 24 Asa het gesterf,* en hy is in die Stad van Dawid sy voorvader begrawe. En sy seun Joʹsafat+ het in sy plek koning geword.

25 In die tweede jaar van koning Asa van Juda het Nadab,+ die seun van Jeroʹbeam, koning oor Israel geword. En hy het twee jaar lank oor Israel regeer. 26 Hy het bly doen wat sleg is in die oë van Jehovah en dieselfde weg as sy pa gevolg,+ en hy het Israel dieselfde sondes laat pleeg as wat sy pa hulle laat pleeg het.+ 27 Terwyl Nadab en die hele Israel Gibʹbeton+ beleër het, het Baäsa, die seun van Ahiʹa, van die huis van Isʹsaskar, teen hom saamgesweer en hom doodgemaak by Gibʹbeton, wat aan die Filistyne behoort het. 28 Dit was in die derde jaar van koning Asa van Juda dat Baäsa vir Nadab doodgemaak het en in sy plek koning geword het. 29 En onmiddellik nadat hy koning geword het, het hy die hele huis van Jeroʹbeam uitgeroei. Hy het niemand van die huis van Jeroʹbeam laat ontsnap nie. Hy het hulle doodgemaak, net soos Jehovah deur middel van sy kneg Ahiʹa, die Siloniet, gesê het.+ 30 Dit het gebeur omdat Jeroʹbeam Jehovah, die God van Israel, baie kwaad gemaak het as gevolg van die sondes wat hy gepleeg het en die sondes wat hy Israel laat pleeg het. 31 En die res van die geskiedenis van Nadab, alles wat hy gedoen het, is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Israel. 32 En daar was heeltyd oorlog tussen Asa en koning Baäsa van Israel.+

33 In die derde jaar van koning Asa van Juda het Baäsa, die seun van Ahiʹa, in Tirsa koning oor die hele Israel geword, en hy het 24 jaar lank regeer.+ 34 Maar hy het bly doen wat sleg is in die oë van Jehovah+ en het dieselfde weg as Jeroʹbeam gevolg, en hy het Israel dieselfde sondes laat pleeg as wat Jeroʹbeam hulle laat pleeg het.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel