Die tweede boek van Konings
14 Amaʹsia, die seun van koning Joas+ van Juda, het koning geword in die tweede jaar van Joas, die seun van Joʹahas, die koning van Israel. 2 Hy was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 29 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Joʹaddin van Jerusalem.+ 3 Hy het bly doen wat reg is in Jehovah se oë, maar nie soos sy voorvader Dawid nie.+ Hy het alles gedoen wat sy pa, Joas, gedoen het.+ 4 Maar die offerhoogtes is nie verwyder nie,+ en die volk het nog steeds op die offerhoogtes offerandes geoffer en offerrook laat opgaan.+ 5 Toe hy ten volle in beheer was van die koninkryk, het hy sy knegte doodgemaak wat sy pa, die koning, vermoor het.+ 6 Maar hy het nie die kinders van die moordenaars doodgemaak nie, want hy het gebly by Jehovah se bevel wat in die Wetboek van Moses geskryf staan: “Vaders mag nie vir die sonde van hulle kinders doodgemaak word nie, en kinders mag nie vir die sonde van hulle vaders doodgemaak word nie. Elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.”+ 7 Hy het die Edomiete+ in die Soutvallei verslaan,+ 10 000 manne, en hy het Sela in die oorlog verower,+ en van toe af is dit Jokʹteël genoem, soos dit vandag nog bekend staan.
8 Toe het Amaʹsia boodskappers gestuur na koning Joas van Israel, die seun van Joʹahas, die seun van Jehu, en gesê: “Kom, laat ons teen mekaar veg.”+ 9 Koning Joas van Israel het hierdie boodskap aan koning Amaʹsia van Juda gestuur: “Die doringrige onkruid in die Liʹbanon-berge het ’n boodskap aan die sederboom in die Liʹbanon-berge gestuur en gesê: ‘Gee jou dogter aan my seun as vrou.’ Maar ’n wilde dier van die Liʹbanon het verbygeloop en die doringrige onkruid vertrap. 10 Ja, jy het Edom verslaan,+ en nou het jy hoogmoedig geword. Geniet jou eer, maar bly in jou eie paleis. Hoekom moet jy moeilikheid soek en Juda saam met jou laat val?” 11 Maar Amaʹsia het nie geluister nie.+
Toe het koning Joas van Israel teen koning Amaʹsia van Juda opgetrek, en hulle het teen mekaar geveg by Bet-Semes+ in Juda.+ 12 Juda is deur Israel verslaan, en elkeen het na sy huis* gevlug. 13 Koning Joas van Israel het koning Amaʹsia van Juda, die seun van Joas, die seun van Ahaʹsia, by Bet-Semes gevange geneem. Daarna het hulle na Jerusalem gegaan, en hy het 400 el* van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Eʹfraim-poort+ af tot by die Hoekpoort.+ 14 Hy het al die goud en silwer en al die voorwerpe geneem wat in die huis van Jehovah en in die skatkamers van die koning se paleis was. Hy het ook gyselaars geneem, en toe het hy na Samariʹa teruggekeer.
15 Wat die res van die geskiedenis van Joas betref, wat hy gedoen het en sy magtige dade en hoe hy teen koning Amaʹsia van Juda geveg het, dit is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Israel. 16 Joas het gesterf,* en hy is in Samariʹa by die konings van Israel begrawe.+ En sy seun Jeroʹbeam*+ het in sy plek koning geword.
17 Amaʹsia,+ die seun van koning Joas van Juda, het nog 15 jaar gelewe ná die dood van Joas,+ die seun van koning Joʹahas van Israel.+ 18 Die res van die geskiedenis van Amaʹsia is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Juda. 19 Later het manne in Jerusalem teen hom saamgesweer.+ Hy het na Lagis gevlug, maar hulle het manne agter hom aan gestuur en hom in Lagis doodgemaak. 20 Toe het hulle hom op perde teruggeneem, en hy is in Jerusalem by sy voorvaders in die stad van Dawid begrawe.+ 21 Daarna het die hele volk van Juda Asarʹja,*+ wat toe 16 jaar oud was,+ koning gemaak in die plek van sy pa, Amaʹsia.+ 22 Hy het Elat+ herbou en dit vir Juda teruggekry nadat die koning* gesterf het.*+
23 In die 15de jaar van Amaʹsia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jeroʹbeam,+ die seun van koning Joas van Israel, in Samariʹa koning geword, en hy het 41 jaar lank regeer. 24 Hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë. Hy het nie afgewyk van al die sondes wat Jeroʹbeam, die seun van Nebat, Israel laat pleeg het nie.+ 25 Hy het die oorspronklike grense van Israel herstel, van Lebo-Hamat*+ af tot by die See van die Aʹraba,*+ in ooreenstemming met wat Jehovah, die God van Israel, gesê het deur middel van sy kneg Jona,+ die seun van Amitʹtai, die profeet wat van Gat-Hefer+ was. 26 Want Jehovah het gesien dat Israel bitter swaarkry.+ Daar was niemand oor wat Israel kon help nie, nie eers ’n hulpelose of ’n swakke nie. 27 Maar Jehovah het belowe om nie die naam van Israel onder die hemel uit te wis nie.+ Daarom het hy hulle deur die hand van Jeroʹbeam, die seun van Joas, gered.+
28 Wat die res van die geskiedenis van Jeroʹbeam betref, alles wat hy gedoen het en sy magtige dade, hoe hy geveg het en hoe hy Damaskus+ en Hamat+ vir Juda in Israel teruggekry het, dit is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Israel. 29 Jeroʹbeam het gesterf, en hy is by sy voorvaders, die konings van Israel, begrawe. En sy seun Sagariʹa+ het in sy plek koning geword.