Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Kronieke 19
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 1 Kronieke

      • Ammoniete verneder Dawid se boodskappers (1-5)

      • Oorwinning oor Ammon en Sirië (6-19)

1 Kronieke 19:1

Kruisverwysings

  • +2Sa 10:1-5

1 Kronieke 19:2

Kruisverwysings

  • +2Sa 9:7
  • +Ge 19:36, 38

1 Kronieke 19:4

Kruisverwysings

  • +Le 19:27

1 Kronieke 19:5

Kruisverwysings

  • +1Kn 16:34

1 Kronieke 19:6

Voetnote

  • *

    ’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.

  • *

    Lett. “Aram-Naharaim”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 14:47; 2Sa 8:3; 10:6

1 Kronieke 19:7

Kruisverwysings

  • +Jos 13:8, 9

1 Kronieke 19:8

Kruisverwysings

  • +2Sa 8:16
  • +2Sa 10:7, 8; 23:8

1 Kronieke 19:10

Kruisverwysings

  • +2Sa 10:9-12

1 Kronieke 19:11

Voetnote

  • *

    Lett. “in die hand”.

Kruisverwysings

  • +1Kr 11:20, 21

1 Kronieke 19:12

Kruisverwysings

  • +2Sa 8:5

1 Kronieke 19:13

Kruisverwysings

  • +De 31:6; Jos 1:9

1 Kronieke 19:14

Kruisverwysings

  • +Le 26:7, 8; De 28:7; 2Sa 10:13, 14

1 Kronieke 19:16

Voetnote

  • *

    Die Eufraatrivier.

Kruisverwysings

  • +2Sa 10:15, 16
  • +2Sa 8:3

1 Kronieke 19:17

Kruisverwysings

  • +2Sa 10:17-19

1 Kronieke 19:19

Kruisverwysings

  • +Ps 18:39
  • +1Kr 14:17; Ps 18:44

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

1 Kron. 19:12Sa 10:1-5
1 Kron. 19:22Sa 9:7
1 Kron. 19:2Ge 19:36, 38
1 Kron. 19:4Le 19:27
1 Kron. 19:51Kn 16:34
1 Kron. 19:61Sa 14:47; 2Sa 8:3; 10:6
1 Kron. 19:7Jos 13:8, 9
1 Kron. 19:82Sa 8:16
1 Kron. 19:82Sa 10:7, 8; 23:8
1 Kron. 19:102Sa 10:9-12
1 Kron. 19:111Kr 11:20, 21
1 Kron. 19:122Sa 8:5
1 Kron. 19:13De 31:6; Jos 1:9
1 Kron. 19:14Le 26:7, 8; De 28:7; 2Sa 10:13, 14
1 Kron. 19:162Sa 10:15, 16
1 Kron. 19:162Sa 8:3
1 Kron. 19:172Sa 10:17-19
1 Kron. 19:19Ps 18:39
1 Kron. 19:191Kr 14:17; Ps 18:44
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
1 Kronieke 19:1-19

Die eerste boek van Kronieke

19 Later het Nahas, die koning van die Ammoniete, gesterf, en sy seun het in sy plek koning geword.+ 2 Toe het Dawid gesê: “Ek sal lojale liefde+ aan Hanun, die seun van Nahas, betoon omdat sy pa lojale liefde aan my betoon het.” Daarom het Dawid boodskappers gestuur om Hanun ná sy pa se dood te vertroos. Maar toe Dawid se knegte in die land van die Ammoniete+ kom om Hanun te vertroos, 3 het die leiers van die Ammoniete vir Hanun gevra: “Dink u dat Dawid vertroosters na u toe stuur om u pa te eer? Is dit nie om die land deeglik te deursoek en te verwoes en te verken dat sy knegte na u toe gekom het nie?” 4 Hanun het Dawid se knegte toe geneem en hulle baarde afgeskeer+ en hulle klere by die heupe afgesny en hulle weggestuur. 5 Toe Dawid hoor wat met die manne gebeur het, het hy dadelik ander manne na hulle toe gestuur omdat die manne baie verneder gevoel het. En die koning het vir hulle gesê: “Bly in Jeʹrigo+ totdat julle baarde teruggroei, en dan moet julle terugkom.”

6 Met verloop van tyd het die Ammoniete besef dat Dawid hulle begin haat het, en daarom het Hanun en die Ammoniete manne met 1 000 talente* silwer gestuur om strydwaens en perderuiters uit Mesopotaʹmië,* Aʹram-Maʹäga en Soba te huur.+ 7 Hulle het 32 000 strydwaens gehuur, sowel as die koning van Maʹäga en sy manne. Die koning van Maʹäga en sy manne het voor Medeʹba+ kamp opgeslaan, en die Ammoniete het uit hulle stede uitgegaan om oorlog te voer.

8 Toe Dawid hiervan hoor, het hy Joab+ en die hele leërmag, insluitende sy magtigste vegters, gestuur.+ 9 En die Ammoniete het in gevegsformasie by die ingang van die stad gaan staan, terwyl die konings wat gekom het, eenkant in die oop veld was.

10 Toe Joab sien dat hy van voor en van agter aangeval word, het hy van die beste soldate in Israel gekies en hulle in gevegsformasie laat staan om teen die Siriërs te veg.+ 11 Hy het die res van die manne onder die bevel* van sy broer Abiʹsai+ geplaas sodat hulle in gevegsformasie teen die Ammoniete kon gaan veg. 12 Toe het hy gesê: “As die Siriërs+ vir my te sterk word, dan moet jy my kom red, maar as die Ammoniete vir jou te sterk word, sal ek jou kom red. 13 Ons moet sterk en moedig wees+ ter wille van ons volk en die stede van ons God, en Jehovah sal doen wat goed is in sy oë.”

14 Joab en sy manne het teen die Siriërs gaan veg, en hulle het voor hom gevlug.+ 15 Toe die Ammoniete sien dat die Siriërs gevlug het, het hulle ook van sy broer Abiʹsai af gevlug en in die stad ingegaan. Daarna het Joab na Jerusalem gegaan.

16 Toe die Siriërs sien dat Israel hulle verslaan het, het hulle boodskappers onder die leiding van Sofag, die hoof van Hadadeʹser se leërmag,+ uitgestuur om die Siriërs wat in die streek van die Rivier*+ was, te gaan roep.

17 Toe Dawid hiervan hoor, het hy onmiddellik die hele Israel bymekaar laat kom en deur die Jordaanrivier getrek, en hulle het na die Siriërs toe gegaan en in gevegsformasie gaan staan. Dawid het hulle in gevegsformasie teen die Siriërs laat optrek, en die Siriërs het teen hom geveg.+ 18 Maar die Siriërs het voor Israel gevlug. Dawid het 7 000 van die Siriërs se strydwadrywers en 40 000 van hulle voetsoldate doodgemaak, en hy het Sofag, die hoof van die leërmag, doodgemaak. 19 Toe die knegte van Hadadeʹser sien dat Israel hulle verslaan het,+ het hulle dadelik met Dawid vrede gemaak en sy onderdane geword.+ En van toe af wou Sirië die Ammoniete nie meer help nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel