Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Kronieke 23
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 1 Kronieke

      • Dawid organiseer Leviete (1-32)

        • Aäron en sy seuns afgesonder (13)

1 Kronieke 23:1

Kruisverwysings

  • +1Kn 1:33, 39; 1Kr 28:5

1 Kronieke 23:2

Kruisverwysings

  • +Eks 29:8, 9
  • +Nu 3:6

1 Kronieke 23:3

Kruisverwysings

  • +Nu 4:2, 3

1 Kronieke 23:4

Kruisverwysings

  • +De 16:18; 1Kr 26:29; 2Kr 19:8

1 Kronieke 23:5

Kruisverwysings

  • +1Kr 26:12
  • +1Kr 6:31, 32

1 Kronieke 23:6

Kruisverwysings

  • +2Kr 8:14; 31:2
  • +Eks 6:16

1 Kronieke 23:8

Kruisverwysings

  • +1Kr 26:21, 22

1 Kronieke 23:12

Kruisverwysings

  • +Eks 6:21
  • +Eks 6:18

1 Kronieke 23:13

Kruisverwysings

  • +Eks 4:14
  • +Eks 6:20, 26
  • +Eks 28:1
  • +Le 9:22; Nu 6:23-27; De 21:5

1 Kronieke 23:15

Kruisverwysings

  • +Eks 2:21, 22
  • +Eks 18:3, 4

1 Kronieke 23:16

Kruisverwysings

  • +1Kr 26:24

1 Kronieke 23:17

Voetnote

  • *

    Lett. “seuns”.

Kruisverwysings

  • +1Kr 26:25

1 Kronieke 23:18

Kruisverwysings

  • +1Kr 24:20, 22
  • +Nu 3:27

1 Kronieke 23:19

Kruisverwysings

  • +1Kr 24:20, 23

1 Kronieke 23:20

Kruisverwysings

  • +Eks 6:22

1 Kronieke 23:21

Kruisverwysings

  • +Eks 6:19

1 Kronieke 23:22

Voetnote

  • *

    Lett. “broers”.

1 Kronieke 23:25

Kruisverwysings

  • +2Sa 7:1
  • +1Kn 8:12, 13; Ps 135:21

1 Kronieke 23:26

Kruisverwysings

  • +Nu 4:15

1 Kronieke 23:28

Kruisverwysings

  • +Nu 3:9
  • +1Kn 6:36

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nuwe Wêreld-vertaling (nwt), bl. 1828

1 Kronieke 23:29

Voetnote

  • *

    D.w.s. die offerbrode.

Kruisverwysings

  • +Le 24:5, 6; 1Kr 9:32
  • +Eks 29:1, 2; Le 2:4
  • +Le 7:12

1 Kronieke 23:30

Kruisverwysings

  • +Eks 29:39
  • +1Kr 16:4, 37

1 Kronieke 23:31

Kruisverwysings

  • +Eks 20:10
  • +Nu 10:10; Ps 81:3
  • +De 16:16

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

1 Kron. 23:11Kn 1:33, 39; 1Kr 28:5
1 Kron. 23:2Eks 29:8, 9
1 Kron. 23:2Nu 3:6
1 Kron. 23:3Nu 4:2, 3
1 Kron. 23:4De 16:18; 1Kr 26:29; 2Kr 19:8
1 Kron. 23:51Kr 26:12
1 Kron. 23:51Kr 6:31, 32
1 Kron. 23:62Kr 8:14; 31:2
1 Kron. 23:6Eks 6:16
1 Kron. 23:81Kr 26:21, 22
1 Kron. 23:12Eks 6:21
1 Kron. 23:12Eks 6:18
1 Kron. 23:13Eks 4:14
1 Kron. 23:13Eks 6:20, 26
1 Kron. 23:13Eks 28:1
1 Kron. 23:13Le 9:22; Nu 6:23-27; De 21:5
1 Kron. 23:15Eks 2:21, 22
1 Kron. 23:15Eks 18:3, 4
1 Kron. 23:161Kr 26:24
1 Kron. 23:171Kr 26:25
1 Kron. 23:181Kr 24:20, 22
1 Kron. 23:18Nu 3:27
1 Kron. 23:191Kr 24:20, 23
1 Kron. 23:20Eks 6:22
1 Kron. 23:21Eks 6:19
1 Kron. 23:252Sa 7:1
1 Kron. 23:251Kn 8:12, 13; Ps 135:21
1 Kron. 23:26Nu 4:15
1 Kron. 23:28Nu 3:9
1 Kron. 23:281Kn 6:36
1 Kron. 23:29Le 24:5, 6; 1Kr 9:32
1 Kron. 23:29Eks 29:1, 2; Le 2:4
1 Kron. 23:29Le 7:12
1 Kron. 23:30Eks 29:39
1 Kron. 23:301Kr 16:4, 37
1 Kron. 23:31Eks 20:10
1 Kron. 23:31Nu 10:10; Ps 81:3
1 Kron. 23:31De 16:16
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
1 Kronieke 23:1-32

Die eerste boek van Kronieke

23 Toe Dawid oud was en nie meer lank gehad het om te lewe nie, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.+ 2 En hy het al die leiers van Israel, die priesters+ en die Leviete+ bymekaar laat kom. 3 Die Levitiese mans wat 30 jaar en ouer was, is getel,+ en hulle was altesaam 38 000. 4 Van hulle het 24 000 oor die werk by die huis van Jehovah toesig gehou. Daar was 6 000 beamptes en regters+ 5 en 4 000 poortwagters+ en 4 000 wat Jehovah geloof het+ met die musiekinstrumente wat Dawid gemaak het om God mee te loof.

6 Toe het Dawid hulle in afdelings ingedeel+ volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Meraʹri.+ 7 Van die Gersoniete: Ladan en Siʹmeï. 8 Ladan het drie seuns gehad: Jehiʹël, die hoofman, Setam en Joël.+ 9 Siʹmeï het drie seuns gehad: Seloʹmot, Hasiʹël en Haran. Hulle was die hoofde van die vaderhuise van Ladan. 10 Siʹmeï het vier seuns gehad: Jahat, Sina, Jeüs en Beriʹa. 11 Jahat was die hoof en Sisa was tweede. Maar omdat Jeüs en Beriʹa nie baie seuns gehad het nie, is hulle beskou as een vaderhuis met dieselfde verantwoordelikhede.

12 Kehat het vier seuns gehad: Amram, Jishar,+ Heʹbron en Usʹsiël.+ 13 Die seuns van Amram was Aäron+ en Moses.+ Maar Aäron en sy seuns is vir altyd afgesonder+ om die Allerheiligste te heilig, om offerandes voor Jehovah te offer, om hom te dien en om mense altyd in sy naam te seën.+ 14 Die seuns van Moses, die man van die ware God, is ingesluit by die stam van die Leviete. 15 Die seuns van Moses was Gersom+ en Eliëser.+ 16 Seʹbuel+ was die hoof van die seuns van Gersom. 17 Rehabʹja+ was die hoof van die nakomelinge* van Eliëser. Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar Rehabʹja het baie seuns gehad. 18 Seʹlomit+ was die hoofman van die seuns van Jishar.+ 19 Die seuns van Heʹbron was Jeriʹa, die hoof, Amarʹja, die tweede, Jahaʹsiël, die derde, en Jekaʹmeam,+ die vierde. 20 Die seuns van Usʹsiël+ was Miga, die hoof, en Jissiʹa, die tweede.

21 Die seuns van Meraʹri was Magli en Musi.+ Die seuns van Magli was Eleaʹsar en Kis. 22 Eleaʹsar het gesterf, maar hy het nie seuns gehad nie, net dogters. Daarom het die seuns van Kis, hulle familielede,* hulle as vrouens geneem. 23 Musi het drie seuns gehad: Magli, Eder en Jeʹremot.

24 Dit was die seuns van Levi wat geregistreer is volgens hulle vaderhuise en volgens die hoofde van die vaderhuise. Die Leviete wat 20 jaar en ouer was, is getel, en hulle name is op die lys geskryf vir die diens by die huis van Jehovah. 25 Want Dawid het gesê: “Jehovah, die God van Israel, het sy volk vrede gegee,+ en hy sal vir ewig in Jerusalem woon.+ 26 En die Leviete sal nie die tabernakel of enige van die toerusting vir sy diens hoef te dra nie.”+ 27 Die Leviete wat 20 jaar en ouer was, is toe getel, volgens Dawid se laaste instruksies. 28 Hulle moes die seuns van Aäron help+ met die werk by die huis van Jehovah. Hulle moes ook toesig hou oor die voorhowe,+ die eetkamers, die reiniging van elke heilige ding en oor enige ander werk wat gedoen moes word by die huis van die ware God. 29 Hulle het gehelp met die voorbereiding van die stapelbrode,*+ die fynmeel vir die graanoffer, die ongesuurde platbrode,+ die bakplaatbrode en die gemengde deeg.+ Hulle was ook verantwoordelik vir al die gewigte en mate. 30 Hulle moes elke oggend en aand+ voor Jehovah gaan staan om hom te dank en te loof.+ 31 Hulle het gehelp wanneer die brandoffers aan Jehovah geoffer is op die Sabbatte,+ die nuwemane+ en gedurende die feestye,+ volgens wat in die Wet geskryf is, en hulle het dit gereeld voor Jehovah gedoen. 32 Hulle het ook hulle verantwoordelikhede nagekom in verband met die tent van samekoms en in verband met die heiligdom. En hulle het hulle broers, die seuns van Aäron, gehelp met die werk by die huis van Jehovah.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel