Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Rigters 13
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Rigters

      • Engel besoek Manoag en sy vrou (1-23)

      • Simson gebore (24, 25)

Rigters 13:1

Kruisverwysings

  • +Rig 2:11, 19; 10:6
  • +Jos 13:1-3; Rig 10:7

Rigters 13:2

Kruisverwysings

  • +Rig 16:31
  • +Ge 49:16
  • +Jos 15:20, 33; 19:41, 48
  • +Ge 30:22, 23

Rigters 13:3

Kruisverwysings

  • +Ge 18:10; 1Sa 1:20; Lu 1:11, 13

Rigters 13:4

Kruisverwysings

  • +Nu 6:2, 3; Lu 1:15
  • +Le 11:26, 27

Rigters 13:5

Voetnote

  • *

    Lett. “van die baarmoeder af”.

Kruisverwysings

  • +Nu 6:2, 5
  • +Rig 2:16; 13:1; Ne 9:27

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nuwe Wêreld-vertaling (nwt), bl. 1822

    Die Wagtoring,

    2005/3/15, bl. 25

Rigters 13:6

Kruisverwysings

  • +Rig 13:17, 18

Rigters 13:7

Voetnote

  • *

    Lett. “van die baarmoeder af”.

Rigters 13:8

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2015/11/15, bl. 3

    2013/8/15, bl. 16

Rigters 13:10

Kruisverwysings

  • +Rig 13:3

Rigters 13:12

Kruisverwysings

  • +Rig 13:8

Rigters 13:13

Kruisverwysings

  • +Rig 13:4

Rigters 13:14

Kruisverwysings

  • +Nu 6:2, 3
  • +Le 11:26, 27

Rigters 13:15

Kruisverwysings

  • +Ge 18:5, 7; Rig 6:18, 19; Heb 13:2

Rigters 13:17

Kruisverwysings

  • +Ge 32:29; Rig 13:6

Rigters 13:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2013/8/1, bl. 10

Rigters 13:19

Voetnote

  • *

    Blykbaar God.

Rigters 13:21

Kruisverwysings

  • +Rig 6:22, 23

Rigters 13:22

Kruisverwysings

  • +Eks 33:20; Joh 1:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/5/15, bl. 23

Rigters 13:23

Kruisverwysings

  • +Rig 13:16

Rigters 13:24

Kruisverwysings

  • +Heb 11:32

Rigters 13:25

Kruisverwysings

  • +Rig 3:9, 10; 6:34; 11:29; 1Sa 11:6
  • +Rig 18:11, 12
  • +Jos 15:20, 33

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Rigt. 13:1Rig 2:11, 19; 10:6
Rigt. 13:1Jos 13:1-3; Rig 10:7
Rigt. 13:2Rig 16:31
Rigt. 13:2Ge 49:16
Rigt. 13:2Jos 15:20, 33; 19:41, 48
Rigt. 13:2Ge 30:22, 23
Rigt. 13:3Ge 18:10; 1Sa 1:20; Lu 1:11, 13
Rigt. 13:4Nu 6:2, 3; Lu 1:15
Rigt. 13:4Le 11:26, 27
Rigt. 13:5Nu 6:2, 5
Rigt. 13:5Rig 2:16; 13:1; Ne 9:27
Rigt. 13:6Rig 13:17, 18
Rigt. 13:10Rig 13:3
Rigt. 13:12Rig 13:8
Rigt. 13:13Rig 13:4
Rigt. 13:14Nu 6:2, 3
Rigt. 13:14Le 11:26, 27
Rigt. 13:15Ge 18:5, 7; Rig 6:18, 19; Heb 13:2
Rigt. 13:17Ge 32:29; Rig 13:6
Rigt. 13:21Rig 6:22, 23
Rigt. 13:22Eks 33:20; Joh 1:18
Rigt. 13:23Rig 13:16
Rigt. 13:24Heb 11:32
Rigt. 13:25Rig 3:9, 10; 6:34; 11:29; 1Sa 11:6
Rigt. 13:25Rig 18:11, 12
Rigt. 13:25Jos 15:20, 33
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Rigters 13:1-25

Rigters

13 Die Israeliete het weer gedoen wat sleg is in Jehovah se oë,+ en Jehovah het hulle 40 jaar lank in die hand van die Filistyne+ gegee.

2 In daardie tyd het Manoʹag,+ ’n man uit die stam van Dan,+ in Sora+ gewoon. Sy vrou was onvrugbaar en kinderloos.+ 3 Op ’n dag het Jehovah se engel aan die vrou verskyn en vir haar gesê: “Kyk, jy is onvrugbaar en kinderloos. Maar jy sal swanger word en aan ’n seun geboorte gee.+ 4 Sorg dat jy nie wyn of enige ander alkohol drink nie,+ en moenie enigiets eet wat onrein is nie.+ 5 Jy sal swanger word en aan ’n seun geboorte gee, en geen skeermes mag aan sy kop raak nie,+ want die kind sal van geboorte af* ’n Nasireʹër van God wees, en hy sal die leiding neem om Israel uit die hand van die Filistyne te red.”+

6 Toe het die vrou vir haar man gaan sê: “’n Man van die ware God het na my toe gekom, en hy het gelyk soos ’n engel van die ware God, baie ontsagwekkend. Ek het hom nie gevra waar hy vandaan kom nie, en hy het ook nie vir my gesê wat sy naam is nie.+ 7 Maar hy het vir my gesê: ‘Jy sal swanger word en aan ’n seun geboorte gee. Moenie wyn of enige ander alkohol drink nie, en moenie enigiets eet wat onrein is nie, want die kind sal van geboorte af* tot die dag van sy dood ’n Nasireʹër van God wees.’”

8 Manoʹag het Jehovah gesmeek: “Verskoon my, Jehovah. Laat die man van die ware God wat u so pas gestuur het, asseblief weer na ons toe kom om vir ons te sê wat ons moet doen met die kind wat gebore sal word.” 9 Toe het die ware God na Manoʹag geluister, en die engel van die ware God het weer na die vrou toe gekom terwyl sy in die veld gesit het. Haar man, Manoʹag, was nie by haar nie. 10 Die vrou het onmiddellik gehardloop en vir haar man gesê: “Kom! Die man wat die ander dag na my toe gekom het, is weer hier.”+

11 Toe het Manoʹag opgestaan en saam met sy vrou na die man toe gegaan en vir hom gevra: “Is u die man wat met my vrou gepraat het?” Hy het geantwoord: “Ja, ek is.” 12 Toe het Manoʹag gesê: “Mag u woorde waar word! Watter soort lewe sal die kind lei, en watter werk sal hy doen?”+ 13 Toe het Jehovah se engel vir Manoʹag gesê: “Jou vrou moet wegbly van alles wat ek genoem het.+ 14 Sy mag niks eet wat van die wingerdstok af kom nie, sy mag geen wyn of enige ander alkohol drink nie,+ en sy mag niks eet wat onrein is nie.+ Laat sy alles doen wat ek haar beveel het.”

15 Manoʹag het toe vir Jehovah se engel gesê: “Bly asseblief, en laat ons ’n boklam vir u voorberei.”+ 16 Maar Jehovah se engel het vir Manoʹag gesê: “As ek bly, sal ek nie van jou kos eet nie, maar as jy ’n brandoffer vir Jehovah wil aanbied, kan jy dit doen.” Manoʹag het nie geweet dat dit Jehovah se engel is nie. 17 Toe het Manoʹag vir Jehovah se engel gevra: “Wat is u naam?+ Dan kan ons u eer wanneer u woorde waar word.” 18 Maar Jehovah se engel het vir hom gesê: “Moenie vra wat my naam is nie, want dit is ’n wonderlike naam.”

19 Toe het Manoʹag die boklam en die graanoffer geneem en dit op die rots aan Jehovah geoffer. En Hy* het iets verbasends gedoen terwyl Manoʹag en sy vrou toegekyk het. 20 Terwyl die vlam van die altaar na die hemel opgestyg het, het Jehovah se engel in die vlam van die altaar opgevaar terwyl Manoʹag en sy vrou toegekyk het. Hulle het dadelik met hulle gesigte na die grond toe neergebuig. 21 Jehovah se engel het nie weer aan Manoʹag en sy vrou verskyn nie. Toe het Manoʹag besef dat dit Jehovah se engel was.+ 22 Manoʹag het toe vir sy vrou gesê: “Ons gaan beslis sterf, want ons het God gesien.”+ 23 Maar sy vrou het vir hom gesê: “As Jehovah ons wou doodmaak, sou hy nie ons brandoffer+ en graanoffer aanvaar het nie. Hy sou ons ook nie al hierdie dinge laat sien het nie, en hy sou nie vir ons al hierdie dinge gesê het nie.”

24 Later het die vrou aan ’n seun geboorte gegee en hom Simson+ genoem. Terwyl die seun grootgeword het, het Jehovah hom bly seën. 25 Ná verloop van tyd het Jehovah se gees hom begin aandryf+ in Maʹhane-Dan,+ tussen Sora en Estaʹol.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel