Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Genesis 28
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Genesis

      • Isak stuur Jakob na Paddan-Aram (1-9)

      • Jakob se droom by Bet-El (10-22)

        • God se belofte teenoor Jakob bevestig (13-15)

Genesis 28:1

Kruisverwysings

  • +Ge 24:34, 37; Eks 34:15, 16; 1Kn 11:1-3; 2Kor 6:14

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1995/7/15, bl. 13

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 28:2

Kruisverwysings

  • +Ge 29:16

Genesis 28:3

Kruisverwysings

  • +Ge 17:5; 46:15, 19; 1Kr 2:1, 2

Genesis 28:4

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Ge 12:2, 3
  • +Ge 12:7; 15:13; 17:1, 8; Heb 11:9

Genesis 28:5

Kruisverwysings

  • +Ge 25:20
  • +Ge 24:29

Genesis 28:6

Kruisverwysings

  • +Ge 28:1; 2Kor 6:14

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 28:7

Kruisverwysings

  • +Ge 27:43

Genesis 28:8

Kruisverwysings

  • +Ge 27:46

Genesis 28:9

Kruisverwysings

  • +Ge 36:2, 3

Genesis 28:10

Kruisverwysings

  • +Ge 11:31; 27:43

Genesis 28:11

Kruisverwysings

  • +Ge 28:18, 19

Genesis 28:12

Voetnote

  • *

    Of “’n leer”.

Kruisverwysings

  • +Joh 1:51; Heb 1:7, 14

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2004/1/15, bl. 28

    2003/10/15, bl. 28-29

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 28:13

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Ge 26:24, 25
  • +Ge 12:7; 28:4; Ps 105:9-11

Genesis 28:14

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

  • *

    Lett. “saad”.

  • *

    Of “’n seën vir hulleself verkry”.

Kruisverwysings

  • +Ge 13:14, 16; 1Kn 4:20
  • +Ge 18:18; 22:15, 18

Genesis 28:15

Kruisverwysings

  • +Ge 35:6
  • +Ge 31:3; Nu 23:19; Jos 23:14; Heb 6:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2013/3/15, bl. 20-21

Genesis 28:17

Kruisverwysings

  • +Ps 47:2
  • +Ge 35:1

Genesis 28:18

Kruisverwysings

  • +Ge 31:13

Genesis 28:19

Voetnote

  • *

    Beteken “huis van God”.

Kruisverwysings

  • +Ge 35:6; Jos 16:1, 2

Genesis 28:20

Voetnote

  • *

    Lett. “brood”.

Genesis 28:22

Kruisverwysings

  • +Ge 35:1

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Gen. 28:1Ge 24:34, 37; Eks 34:15, 16; 1Kn 11:1-3; 2Kor 6:14
Gen. 28:2Ge 29:16
Gen. 28:3Ge 17:5; 46:15, 19; 1Kr 2:1, 2
Gen. 28:4Ge 12:2, 3
Gen. 28:4Ge 12:7; 15:13; 17:1, 8; Heb 11:9
Gen. 28:5Ge 25:20
Gen. 28:5Ge 24:29
Gen. 28:6Ge 28:1; 2Kor 6:14
Gen. 28:7Ge 27:43
Gen. 28:8Ge 27:46
Gen. 28:9Ge 36:2, 3
Gen. 28:10Ge 11:31; 27:43
Gen. 28:11Ge 28:18, 19
Gen. 28:12Joh 1:51; Heb 1:7, 14
Gen. 28:13Ge 26:24, 25
Gen. 28:13Ge 12:7; 28:4; Ps 105:9-11
Gen. 28:14Ge 13:14, 16; 1Kn 4:20
Gen. 28:14Ge 18:18; 22:15, 18
Gen. 28:15Ge 35:6
Gen. 28:15Ge 31:3; Nu 23:19; Jos 23:14; Heb 6:18
Gen. 28:17Ps 47:2
Gen. 28:17Ge 35:1
Gen. 28:18Ge 31:13
Gen. 28:19Ge 35:6; Jos 16:1, 2
Gen. 28:22Ge 35:1
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Genesis 28:1-22

Genesis

28 Isak het Jakob dus geroep en hom geseën en hom beveel: “Jy mag nie ’n vrou uit die dogters van Kanaän neem nie.+ 2 Gaan na Paddan-Aram, na die huis van Beʹtuel, jou ma se pa, en neem daar vir jou ’n vrou uit die dogters van Laban,+ jou ma se broer. 3 God die Almagtige sal jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, en jy sal beslis ’n versameling van volke word.+ 4 En hy sal aan jou en jou nageslag* die seën van Abraham gee,+ sodat jy die land in besit kan neem waar jy tot nou toe as ’n uitlander gewoon het, die land wat God aan Abraham gegee het.”+

5 Isak het Jakob toe weggestuur, en hy het na Paddan-Aram vertrek, na Laban, die seun van Beʹtuel, die Arameër,+ die broer van Rebekka,+ die ma van Jakob en Esau.

6 Esau het gesien dat Isak Jakob geseën het en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te neem en dat hy hom hierdie bevel gegee het toe hy hom geseën het: “Moenie ’n vrou uit die dogters van Kanaän neem nie.”+ 7 Hy het gesien dat Jakob gehoorsaam was aan sy pa en sy ma en na Paddan-Aram vertrek het.+ 8 Esau het toe besef dat Isak, sy pa, nie van die dogters van Kanaän hou nie.+ 9 Esau het dus na Isʹmael toe gegaan en Maʹhalat, die dogter van Abraham se seun Isʹmael, die suster van Neʹbajot, as vrou geneem, bo en behalwe die ander vrouens wat hy reeds gehad het.+

10 Jakob het uit Berseʹba na Haran+ vertrek. 11 Later het hy by ’n plek gekom en gereedgemaak om daar te oornag, want die son het al ondergegaan. Hy het toe een van die klippe geneem om onder sy kop te sit, en hy het gaan lê.+ 12 Toe het hy gedroom, en in die droom het hy ’n stel trappe* gesien wat van die aarde af tot in die hemel gestrek het, en God se engele het daar op- en afgeklim.+ 13 En Jehovah het boaan gestaan, en hy het gesê:

“Ek is Jehovah, die God van jou vader Abraham en die God van Isak.+ Die land waarop jy lê, gaan ek aan jou en aan jou nageslag* gee.+ 14 En jou nageslag* sal beslis soos die stof van die aarde word,+ en jy sal beslis uitbrei na die weste, na die ooste, na die noorde en na die suide, en deur middel van jou en jou nageslag* sal al die families van die aarde beslis geseën word.*+ 15 Ek is met jou, en ek sal jou beskerm oral waar jy gaan, en ek sal jou na hierdie land terugbring.+ Ek sal jou nie verlaat totdat ek gedoen het wat ek jou belowe het nie.”+

16 Toe het Jakob wakker geword en gesê: “Jehovah is waarlik op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie.” 17 En hy het bang geword en gesê: “Hoe ontsagwekkend is hierdie plek tog! Dit kan net die huis van God wees,+ en dit is die poort van die hemel.”+ 18 Toe het Jakob die oggend vroeg opgestaan en die klip geneem wat onder sy kop was en dit as ’n pilaar opgerig en olie daarop uitgegooi.+ 19 Daarom het hy die plek Bet-El* genoem, maar voorheen was die stad se naam Lus.+

20 Jakob het toe ’n gelofte gemaak en gesê: “As God met my sal wees en my gedurende my reis sal beskerm en vir my kos* sal gee om te eet en klere om te dra 21 en ek in vrede na die huis van my pa terugkeer, dan sal Jehovah beslis bewys het dat hy my God is. 22 En hierdie klip wat ek as ’n pilaar opgerig het, sal ’n huis van God word,+ en ek sal vir seker vir u ’n tiende gee van alles wat u my sal gee.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel