Psalms
Vir die musiekleier. Maskil.* Van Dawid, toe die Edomiet Doëg vir Saul kom sê het dat Dawid na die huis van Ahimeʹleg gekom het.+
52 Hoekom spog jy oor jou slegte dade, o magtige?+
Die lojale liefde van God duur die hele dag.+
3 Jy het goddeloosheid meer lief as die goeie,
en jy lieg meer as wat jy die waarheid praat. (Sela)
4 Jy is lief vir elke skadelike woord,
o bedrieglike tong!
5 Daarom sal God jou eens en vir altyd afruk.+
Hy sal jou gryp en jou wegruk uit jou tent.+
Hy sal jou uit die land van die lewendes uitruk.+ (Sela)
7 “Hier is ’n man wat nie beskerming by God gaan soek het nie,*+
maar hy het op sy groot rykdom vertrou+
8 Maar ek sal soos ’n gesonde olyfboom in God se huis wees.
Ek vertrou op God se lojale liefde,+ vir ewig en altyd.
9 Ek sal u vir ewig loof, want u het opgetree.+
In die teenwoordigheid van u lojales
sal ek op u naam hoop,+ want dit is goed.