Spreuke
9 Ware wysheid het sy huis gebou.
Hy het sy sewe pilare uitgekap.
2 Hy het sy vleis voorberei.
Hy het sy wyn gemeng,
en hy het sy tafel gedek.
3 Hy het sy slavinne uitgestuur
om op die hoogtes van die stad uit te roep:+
4 “Laat enigiemand wat onervare is, hierheen kom.”
Hy sê vir die een wat onverstandig is:
5 “Kom, eet my brood
en drink van die wyn wat ek gemeng het.
6 Los jou onervarenheid* en bly lewe.+
Gaan vorentoe op die weg van verstandigheid.”+
7 Die een wat ’n spotter teregwys, bring oneer oor homself,+
en enigiemand wat ’n goddelose persoon bestraf, sal seerkry.
8 Moenie ’n spotter teregwys nie, want hy sal jou haat.+
Gee ’n wyse persoon ’n teregwysing, en hy sal jou liefhê.+
9 Gee raad aan ’n wyse persoon, en hy sal nog wyser word.+
Leer ’n regverdige, en hy sal meer kennis kry.
12 As jy wys word, is dit tot jou eie voordeel.
As jy ’n spotter is, sal jy self die gevolge dra.
13 ’n Dwase vrou is lawaaierig.+
Sy is sonder kennis en weet absoluut niks.
15 Sy roep na dié wat verbygaan,
na dié wat reguit op hulle pad loop:
16 “Laat enigiemand wat onervare is, hierheen kom.”
Sy sê vir die een wat onverstandig is:+